Onderneming in die kollig: Braaiwood

16/09/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Onderneming in die kollig: Braaiwood

AfriForum Wêreldwyd se enig-in-sy-soort Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Die Wêreldgids maak die wêreld bietjie kleiner, maar jou netwerk groter. Ondernemings vanuit alle uithoeke van die aarde kan op die Wêreldgids opgespoor word. Selfs al gaan jy net op reis in die buiteland, is die Wêreldgids handig – inligting oor ambassades, gastehuise, restaurante en apteke is tot jou beskikking.

Die Wêreldgids spog met 40 kategorieë van ondernemings en diensverskaffers van reg oor die wêreld. Hierdie week se kollig val op Braaiwood in Bailieborough, Ierland. Braaiwood is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys.

Lees meer oor Braaiwood

By Braaiwood.eu is ons trots daarop om die beste braaiervaring te verseker deur topgehale braaihout uit die hartjie van Suid-Afrika af in te voer. Elke stuk hout wat ons verkoop getuig van ons toegewydheid tot uitnemendheid en word noukeurig uitgesoek om te verseker dat jou braai tot sy reg kom.

Geniet ’n maklike koopervaring met ons uitsonderlike reeks produkte, gekenmerk deur deursigtigheid en gerief. Die pryse op ons webtuiste word aangedui sonder BTW en koerierkostes, en dit verseker deursigtigheid van die begin af.   

Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle wyse waarop jy ’n ondersteuningsbasis kan bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Help jou onderneming om te groei: Gebruik hierdie skakel en maak seker jou onderneming word op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys.


Ons wil weet waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk. Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Klik hier om Braaiwood se webtuiste te besoek.

Klik hier om Braaiwood op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Lees ook: Onderneming in die kollig: Drovers Rest Farm

Deel op

Nuutste artikels