AfriForum Wêreldwyd se enig-in-sy-soort Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.
Die Wêreldgids maak die wêreld bietjie kleiner, maar jou netwerk groter. Ondernemings vanuit alle uithoeke van die aarde kan op die Wêreldgids opgespoor word. Selfs al gaan jy net op reis in die buiteland, is die Wêreldgids handig – inligting oor ambassades, gastehuise, restaurante en apteke is tot jou beskikking.
Die Wêreldgids spog met 40 kategorieë van ondernemings en diensverskaffers van reg oor die wêreld. Hierdie week se kollig val op Bushman Meats in Melbourne, Australië. Bushman Meats is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys.
Lees meer oor Bushman Meats
Ons by Bushman Meats is trots daarop om jou die keurigste versameling van Suid-Afrikaanse produkte te bied. Ons boerewors word volgens tradisionele resepte gemaak, wat ’n outentieke smaak verseker wat jou terugneem huis toe.
Ons is egter veel meer as slegs ons vleisprodukte en klein verbruikersitems. Ons uitgebreide reeks van Suid-Afrikaanse kruideniersware sluit in onontbeerlike spensprodukte, souse, speserye en bederfies wat die Suid-Afrikaanse gees na jou kombuis bring.
Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle wyse waarop jy ’n ondersteuningsbasis kan bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net té ver weg is.
Help jou onderneming om te groei: Gebruik hierdie skakel en maak seker jou onderneming word op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys.
Ons wil weet waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk. Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.
Kontak Bushman Meats
Klik hier om Bushman Meats se webtuiste te besoek.
Klik hier om Bushman Meats op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.