Wêreldwyd se Wêreldgids is so eg Suid-Afrikaans en amper so lekker soos ’n tjoppie op die vuur. Hier kan jy eg Suid-Afrikaanse produkte soos biltong, braaivleis, koeksisters en selfs ’n lekker melktert in jou omgewing opspoor. Elke week kies ons by Wêreldwyd een van die ondernemings in die gids om in die Kollig te verskyn. Hierdie week se onderneming in die Kollig is Bushman’s Grill in Nieu-Seeland.
Ons hier by Bushman’s Grill glo dat goeie kwaliteit kos voorberei moet word deur slegs die varsste, preserveermiddelvrye en gesondste bestanddele beskikbaar te gebruik. Ons berei voor, kook en bedien in ons unieke, wilde wyse. Biefstuk, vuur en braaipan… want dit smaak net beter. Ons gebruik slegs die beste Nieu-Seelandse vleis beskikbaar wat noukeurig gekies en perfek verouderd is.
Besoek Bushman’s Grill se webtuiste hier
Besoek Bushman’s Grill se profiel op die Wêreldgids hier
Lys jou onderneming hier