Onderneming in die Kollig: Celebration Box

26/02/2020
| Deur AfriForum Wêreldwyd
87448543_2000890086728076_6629608945696636928_o

Wêreldwyd se Wêreldgids is so eg Suid-Afrikaans soos melktert en pannekoek by ‘n skool se kermis. Hier het ons ‘n mengelmoes van Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland wat verskeie dienste verskaf. Daar is kerke wat dienste in Afrikaans aanbied, Suid-Afrikaanse rekenmeesters, dokters, prokureurs en natuurlik ook talle winkels wat verseker dat jy nie te veel na jou Suid-Afrikaanse gunstelinge soos biltong en melktert verlang nie. Of wat dit makliker as ooit maak om ‘n spesiale geskenk vir ‘n spesiale persoon te kry. Soos hierdie week se onderneming in die Kollig, Celebration Box in Nieu-Seeland.

Celebration Box het begin toe twee goeie vriende bymekaar gekom het om alternatiewe vir vervelige geskenke te kry – lees hier, sokkies, sakdoeke en badgoed – in Nieu-Seeland. En natuurlik wou hulle terselfde tyd soveel as moontlik donuts eet!

So het die idee van Celebration Box ontstaan – die perfekte verskoning om donuts te eet en nooit ooit weer ‘n vervelige geskenk vir iemand te stuur nie! Celebration Box het behoorlik ‘n boks vir elke geleentheid. Gradeplegtigheid? Verseker. In die hondehok? Daar is ‘n jammer-sê boks kompleet met ‘n JAMMER knoppie. Vergeet van Pa se verjaarsdag? Celebration Box het die perfekte boks vir Pa – met ‘n botteltjie whiskey. Of dalk ‘n bederfie vir jouself! Hoekom dan nou nie?

Word deel van die Celebration Box familie en deel van die donut revolusie, want jy kan nie blomme eet nie…

Besoek Celebration Box se webtuiste hier
Besoek Celebration Box se profiel op die Wêreldgids hier
Lys jou onderneming hier

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels