Onderneming in die kollig: Chococake

26/05/2021
| Deur AfriForum Wêreldwyd
164868859_126436816155787_4621869734699204626_n-1

Wêreldwyd se Wêreldgids skep ’n suksesvolle netwerk om Suid-Afrikaners in die buiteland met mekaar in aanraking te bring sodat jy Suid-Afrikaanse ondernemings in jou omgewing kan ondersteun. Wêreldwyd kies elke week een onderneming in die Wêreldgids om in die Kollig te verskyn. Vandeesweek se onderneming in die kollig is Chococake.

Kom besoek ons vir ’n stukkie koek

In ons kombuis hier by Chococake bak ons daagliks en skep ons ’n reeks heerlike koeke en gebak wat alles met plaaslike bestanddele, waar moontlik, en geen bymiddels of preserveermiddels gemaak word. Ontdek ons reeks meringues, koekies en, natuurlik, ons eie ‘Chococake’. Ons verkoop heel koeke of per sny, so jy kan iets lekkers vir jouself koop of ’n heerlike handgemaakte nagereg om te onthaal. Ons maak ook pragtige verjaardagkoeke, soos ryk sjokoladekoek, Carley se koffiekoek, suurlemoenkoek. Kom sommer in en gesels met ons!

As dit nie genoeg is om jou in die versoeking te bring nie, kan jy ’n vars gemaalde koppie koffie kom geniet of ’n Chococo warm sjokolade terwyl jy deur ons versameling van ander plaaslike produkte snuffel.

Kontak Chococake

E-pos: lesley@chococake.co.uk

Klik hier om Chococake op Facebook te besoek.

Klik hier om Chococake op Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

 

 

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels