Onderneming in die Kollig: Die Spens

26/06/2019
| Deur AfriForum Wêreldwyd
66263_Ad_en

Wêreldwyd se unieke Wêreldgids is soos ‘n padkaart na jou gunsteling produkte en dienste in die buiteland. Ons wil graag Suid-Afrikaanse ekspats help om toegang te kry tot dienste in Afrikaans en Suid-Afrikaanse produkte waarna hulle verlang. Elke week kies ons by Wêreldwyd een van die ondernemings op die gids om in die Kollig te verksyn. Hierdie week is dit Die Spens in Nederland.

Die Spens is nie meer die plek waar jou ouma haar konfyt en beskuit gebêre het nie. Nee, Die Spens het ‘n plek geword waar Suid-Afrikaners in Nederland al hul geliefde Suid-Afrikaanse produkte kan kry. Die Spens is maklik bereikbaar van oral in Nederland, België en Duitsland en as jy nie die elemente wil aandurf nie kan jy ook gebruik maak van hul afleweringsdienste.

Die Spens winkel is geleë langs die A1 in Amersfoort. Kom loer in en kyk na al die Suid-Afrikaanse bekendes en gunstelinge soos Mrs. Balls Chutney, Sparletta Creme Soda, Simba NikNaks, Ouma Beskuiut, Koo soetmielies, Iwisa mielie meel, Robertsons speserye, om net ‘n paar te noem.

Besoek Die Spens se webtuiste hier

Besoek Die Spens se profiel op die Wêreldgids hier

Lys jou onderneming hier

 

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels