Onderneming in die kollig: Drovers Rest Farm

09/09/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Onderneming in die kollig: Drovers Rest Farm

AfriForum Wêreldwyd se enig-in-sy-soort Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van dwarsoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Die Wêreldgids maak die wêreld bietjie kleiner, maar jou netwerk groter. Ondernemings vanuit alle uithoeke van die aarde kan op die Wêreldgids opgespoor word. Selfs al gaan jy net op reis in die buiteland, is die Wêreldgids nuttig – inligting oor ambassades, gastehuise, restaurante en apteke is tot jou beskikking.

Die Wêreldgids spog met 40 kategorieë van ondernemings en diensverskaffers van dwarsoor die wêreld. Hierdie week se kollig val op Drovers Rest Farmin Birmingham, Verenigde Koninkryk. Drovers Rest Farmis gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys.

Lees meer oor Drovers Rest Farm

Welkom by Drovers Rest, ons 16de eeuse organiese plaas naby Hay-on-Wye, Herefordshire. Ons het die korporatiewe wêreld van Londen in 2010 verlaat om ’n plaas te koop en ’n onderneming in die boendoes te begin, en ons is mal daaroor. Ons is Suid-Afrikaans en het ’n stukkie Afrika in die heuwels geskep. Nou is dit nie meer nodig om die lang reis na die vlaktes van die savanna aan te pak om op safari te gaan of om deftige verblyf in safaritente te beleef nie. Ons het dit alles hier.

Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle wyse waarop jy ’n ondersteuningsbasis kan bou vir die dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Help jou onderneming om te groei: Gebruik hierdie skakel en maak seker jou onderneming word op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys.


Ons wil graag weet waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk. Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Klik hier om Drovers Rest Farm se webtuiste te besoek.

Klik hier om Drovers Rest Farm op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Lees ook: Onderneming in die kollig: Zeli Photography

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels