AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids bring Suid-Afrikaanse ondernemings van oor die wêreld met mekaar in aanraking. Dit brei jou netwerk uit en laat die wêreld ’n bietjie kleiner voel. Hierdie platform bied toegang tot ’n diverse verskeidenheid ondernemings, van restaurante en gastehuise tot noodsaaklike diensverskaffers. Dit is ’n handige metgesel, selfs wanneer jy op reis is.
Onder die meer as 40 kategorieë kan jy met gemak die regte diensverskaffer vind. Hierdie week val die kollig op Impala Crafts in die Verenigde Koninkryk – ’n trotse bydraer tot die Wêreldgids.
Lees meer oor Impala Crafts
Ek handversier items vir die huis en tuin met decoupage. Die ideale geskenke vir alle ouderdomme. Ek kry inspirasie uit die natuur met temas uit Afrika en die Verenigde Koninkryk soos die bos en die platteland. Voëlhokkies en voëlvoerders vir die tuin, muurbehangsels en nog meer vir binne die huis.
Met AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n dinamiese sakenetwerk nie; dit is ook ’n platform om ’n ondersteuningsnetwerk te vestig vir daardie dae wanneer die verlange na jou mense swaar op jou hart druk. Maak seker jou onderneming word op ons Wêreldgids gelys – klik op die skakel om deel te word van hierdie groeiende gemeenskap.
Registreer jou onderneming op die Wêreldgids en vertel ons van jou netwerk – ons hoor graag van jou by wereldwyd@afriforum.co.za. Laat weet ons gerus van jou gunsteling- plaaslike onderneming of jou ervarings in die buiteland.
Kontak Impala Crafts
Klik hier om Impala Crafts se webtuiste te besoek.
Klik hier om Impala Crafts op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.