Onderneming in die kollig: Inkampu Camping Oasis

18/11/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Onderneming in die kollig: Inkampu Camping Oasis

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids bring Suid-Afrikaanse ondernemings van oor die wêreld met mekaar in aanraking. Dit brei jou netwerk uit en laat die wêreld ’n bietjie kleiner voel. Hierdie platform bied toegang tot ’n diverse verskeidenheid ondernemings, van restaurante en gastehuise tot noodsaaklike diensverskaffers. Dit is ’n handige metgesel, selfs wanneer jy op reis is.

Onder die meer as 40 kategorieë kan jy met gemak die regte diensverskaffer vind. Hierdie week val die kollig op Inkampu Camping Oasis in die Verenigde Arabiese Emirate – ’n trotse bydraer tot die Wêreldgids.

Lees meer oor Inkampu Camping Oasis

By Inkampu geniet kampeerders ’n aangename buitelugervaring wat veilig is vir gesinne en individue wat die voordele van die Verenigde Arabiese Emirate in die buitelug wil geniet. Daar is twee swembaddens, ’n kinderspeelarea en ’n gemeenskaplike sosiale area vir besoekers om te ontspan en die buitelug te geniet.

Met AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n dinamiese sakenetwerk nie; dit is ook ’n platform om ’n ondersteuningsnetwerk te vestig vir daardie dae wanneer die verlange na jou mense swaar op jou hart druk. Maak seker jou onderneming word op ons Wêreldgids gelys – klik op die skakel om deel te word van hierdie groeiende gemeenskap.

Registreer jou onderneming op die Wêreldgids en vertel ons van jou netwerk – ons hoor graag van jou by wereldwyd@afriforum.co.za. Laat weet ons gerus van jou gunsteling- plaaslike onderneming of jou ervarings in die buiteland.

Klik hier om Inkampu Camping Oasis se webtuiste te besoek.

Klik hier om Inkampu Camping Oasis op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Lees ook: Onderneming in die kollig: Kudu Grill

Deel op

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels