Onderneming in die kollig: Ipixel web & graphic solutions

16/04/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
305621636_492640326203083_2483607546230693231_n

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Lees meer oor Ipixel web & graphic solutions.

Ipixel is die breinkind van ontwerper Anèl Müller wat oorspronklik van Suid-Afrika kom, maar nou in Tauranga, Nieu-Seeland woon. Ipixel het kreatiewe medewerkers regoor Nieu-Seeland en Suid-Afrika.

Tegnologie fassineer ons en ons is toegewy aan perfeksie en behep met kwaliteit. Ons fokus op elke kliënt se individuele behoeftes en skep die beste oplossings met passie. Ons ontwikkel gebruikersvriendelike, inhoudgedrewe, funksionele webwerwe, bemarkingsinstrumente vir sosiale media en enige ander drukontwerp wat jou maatskappy se identiteit en wese weerspieël met elemente wat jou van jou mededingers onderskei. Tesame met ons toewyding aan professionaliteit en presisie, is dit ons verbintenis tot jou.

Ons dienste sluit die volgende in:

grafiese ontwerp (brosjures, pamflette, logo’s, besigheidskaartjies, briefhoofde, voertuig-naamborde, advertensies, uitnodigings, e-poshandtekeninge, ens.), drukwerk, promosie-items, webontwerp, sosialemediabemarking, fotografie, animasie en oudiovisuele inhoud, kopieskryf en proeflees, openbare betrekkinge en bemarking.

Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Help jou onderneming om te groei – gebruik hierdie skakel en maak seker jou onderneming word gelys op Wêreldwyd se Wêreldgids.


Ons wil graag hoor waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk. Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Kontak Ipixel web & graphic solutions

Klik hier om Ipixel web & graphic solutions se webtuiste te besoek.

Klik hier vir Ipixel web & graphic solutions op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids.

Lees ook: Onderneming in die Kollig: All4Travel

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels