Onderneming in die Kollig: Jorietha Rabie Photography

24/08/2022
| Deur AfriForum Wêreldwyd
279568161_1678647645827661_9084352337387621542_n-scaled

’n Foto vertel ’n duisend woorde. Laat Jorietha Rabie jou herinneringe in haar lens verewig. Dié week se onderneming in die Kollig is Jorietha Rabie Photography, in Woerden, Nederland.

My naam is Jorietha – welkom by Jorietha Rabie Photography.

Soos wat die geval is met baie ander mense, het fotografie vir my as ’n stokperdjie begin. Ek het foto’s geneem van vriende en familie, soos wat ons almal maar doen, maar dit was ’n integrale deel van my ander ondernemings. Ek het meer fotografiekursusse gedoen en my passie daarvoor het gegroei soos wat ek die fotografiewêreld leer ken het.

Ek hou van leefstylfotografie. Hoewel ek van foto’s hou waar daar geposeer word omdat dit ongelooflike kreatiewe geleenthede bied, maak die oomblikke tussenin ook saak. Die onbewaakte oomblikke waar ons ons liefde, passie en skoonheid ten toon stel sodat die wêreld dit kan sien. Daardie werklike oomblikke wat die ware aard van ’n mens se lewe in ’n storie omskep … JOU storie.

Jorietha Rabie Photography is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun.

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Die Wêreldgids bestaan tans uit meer as ’n duisend ondernemings en kontakpunte.

Vat die kans en word deel van hierdie netwerk. Netwerke is nie net ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Deel op

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels