Onderneming in die kollig: Kudu Grill

12/11/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Onderneming in die kollig: Kudu Grill

AfriForum Wêreldwyd se enig-in-sy-soort Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Die Wêreldgids maak die wêreld bietjie kleiner, maar jou netwerk groter. Ondernemings vanuit alle uithoeke van die aarde kan op die Wêreldgids opgespoor word. Selfs al gaan jy net op reis in die buiteland, is die Wêreldgids handig – inligting oor ambassades, gastehuise, restaurante en apteke is tot jou beskikking.

Die Wêreldgids spog met 40 kategorieë van ondernemings en diensverskaffers van regoor die wêreld. Hierdie week se kollig val op Kudu Grill in Londen, Engeland. Kudu Grill is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys.

Lees meer oor Kudu Grill

Kudu Collective is ’n groep restaurante, asook ’n skemerkelkie- en wynkroeg, galery en privaat eetkamer in Peckham wat deur ’n familie bedryf word. Ons spyskaarte word deur die seisoene gevorm, dit is kreatiewe borde wat heerlike kos met ’n tikkie verbeelding kombineer. Ons Suid-Afrikaanse wortels inspireer ons kos en drinkgoed – of dit nou is om iets stadig te kook in ’n potjiepot oor warm kole, om ons heerlike Koedoe-brood te bak, of om ons braai-negroni te roer.

Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle wyse waarop jy ’n ondersteuningsbasis kan bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Bestuur of besit jy ’n restaurant in die buiteland? Of weet jy van ’n restaurant of bakkery wat eg-Suid-Afrikaanse melkterte, malvapoedings en Peppermint Crisp-terte bedien? Help jou onderneming om te groei: Gebruik hierdie skakel en maak seker jou onderneming word op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys.

Ons wil weet waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk. Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Klik hier om Kudu Grill se webtuiste te besoek.

Klik hier om Kudu Grill op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Lees ook: Onderneming in die kollig: Moi-Belle

Deel op

Nuutste artikels