Om in ‘n nuwe land aan te pas is ‘n uitdaging. Alles is anders en om uit te vind waar jy Suid-Afrikaanse produkte kan kry raak amper ‘n soort avontuur, Wêreldwyd is hier om te help. Wêreldwyd se Wêreldgids is eie in sy soort, hier kom Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaar om ‘n gemeenskap van Suid-Afrikaners te skep. Kom kyk waar jy in Afrikaans kerkdienste kan kry, waar jy jou gunsteling Suid-Afrikaanse lekkernye kan koop en met wie jy in Afrikaans kan praat oor jou finansiële, mediese en regskwessies. Elke week kies die Wêreldwyd-span een van die ondernemings op die gids om in die kollig te verskyn, hierdie week kyk ons na Limpopo Biltong in Londen in die VK.
Veertien jaar gelede het Francois van der Zee na die Verenigde Koninkryk verhuis maar sy liefde vir tradisionele biltong en boerewors het nooit verlore gegaan nie en hy het vasgehou aan resepte wat deur sy pa aan hom oorgedra is.
Limpopo Biltong maak al sedert 2011 heerlike biltong, droëwors en boerewors. Hulle gebruik net die hoogste kwaliteit vleis en speserye en hou hulle produksie so klein as moontlik. Hulle produkte word met soveel liefde en sorg voorberei en hulle behou ‘n uitmuntende hoë standaard van kwaliteit.
As jy in die Verenigde Konikryk bly kan jy hulle produkte aanlyn koop!
Besoek Limpopo Biltong se webtuiste hier
Besoek Limpopo Biltong se profiel op die Wêreldgids hier
Lys jou onderneming hier