Ondernemings vanuit alle uithoeke van die wêreld kan opgespoor word op die Wêreldgids. Hier kan jy dokters, prokureurs, finansiële adviseurs, haarkappers en vele meer opspoor wat hul dienste in Afrikaans lewer. Die Wêreldgids is egter nie net vir Afrikaanse ondernemings nie, maar ook vir Engelse ondernemings en diensverskaffers wie se dienste ook in Afrikaans beskikbaar is. Selfs al gaan jy net op reis in die buiteland, is die Wêreldgids handig – inligting oor ambassades, gastehuise, restaurante en apteke is tot jou beskikking.
Hierdie gids bevat meer as 40 kategorieë van ondernemings en diensverskaffers reg oor die wêreld. Of jy nou ’n Afrikaanssprekende tandarts in Australië soek, of ’n tutor in Europa, die Wêreldgids bied ’n eenvoudige manier om betroubare kontakte te vind. Hierdie week val die kollig op Listen & Learn in die Verenigde Koninkryk en Ierland – ’n trotse bydraer tot die Wêreldgids.
Lees meer oor Listen & Learn
Listen & Learn bied ’n verskeidenheid opsies aan wat by enige een se skedule sal inpas. Besluit of jy Afrikaans wil leer om te gebruik wanneer jy sake doen of vir algemene gebruik. Wil jy jou Afrikaanse vaardighede opknap of begin jy by die begin? Daar is iets vir almal.
Om te begin is maklik. Besoek hulle webtuiste, registreer en kies die opsie wat die beste vir jou werk. Een-tot-een sessies, groepsessies, individuele Skype-sessies of Skype-groepsessies, oop en geslote groepsessies en nog meer.
Listen & Learn bied nie net Afrikaanse lesse nie, jy kan tot Mandaryns leer by Listen & Learn. So, waarvoor wag jy? Laat Listen & Learn toe om ’n nuwe wêreld om tale te leer vir jou oop te maak en begin sommer vandag nog.
Met AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n dinamiese sakenetwerk nie; dit is ook ’n platform om ’n ondersteuningsnetwerk te vestig vir daardie dae wanneer die verlange na jou mense swaar op jou hart druk. Maak seker jou onderneming word op ons Wêreldgids gelys – klik op die skakel om deel te word van hierdie groeiende gemeenskap.
Registreer jou onderneming op die Wêreldgids en vertel ons van jou netwerk – ons hoor graag van jou by wereldwyd@afriforum.co.za. Laat weet ons gerus van jou gunsteling- plaaslike onderneming of jou ervarings in die buiteland.
Kontak Listen & Learn
Klik hier om Listen & Learn se webtuiste te besoek.
Klik hier om Listen & Learn op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.