Onderneming in die kollig: Moi-Belle

04/11/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Onderneming in die kollig: Moi-Belle

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids bring Suid-Afrikaanse ondernemings van oor die wêreld met mekaar in aanraking. Dit brei jou netwerk uit en laat die wêreld ’n bietjie kleiner voel. Hierdie platform bied toegang tot ’n diverse verskeidenheid ondernemings, van restaurante en gastehuise tot noodsaaklike diensverskaffers. Dit is ’n handige metgesel, selfs wanneer jy op reis is.

Onder die meer as 40 kategorieë kan jy met gemak die regte diensverskaffer vind. Hierdie week val die kollig op Moi-Belle in Texas in die Verenigde State van Amerika – ’n trotse bydraer tot die Wêreldgids.

Lees meer oor Moi-Belle

Welkom by Moi-Belle. Ek hoop jy vind ’n stukkie kreatiewe grimering hier wat jy graag sal wil dra.

Dit het alles vyf jaar gelede begin as een van my vele kreatiewe uitlate in my vrye tyd. Ek het egter vinnig besef dat klei eindelose moontlikhede het. Al hierdie skeppings word hier in die Verenigde State met die hand gemaak – met baie liefde en aandag aan detail. Ek is so geseënd om dit met jou te deel.

Met AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n dinamiese sakenetwerk nie; dit is ook ’n platform om ’n ondersteuningsnetwerk te vestig vir daardie dae wanneer die verlange na jou mense swaar op jou hart druk. Maak seker jou onderneming word op ons Wêreldgids gelys – klik op die skakel om deel te word van hierdie groeiende gemeenskap.

Registreer jou onderneming op die Wêreldgids en vertel ons van jou netwerk – ons hoor graag van jou by wereldwyd@afriforum.co.za. Laat weet ons gerus van jou gunsteling- plaaslike onderneming of jou ervarings in die buiteland.

Klik hier om Moi-Belle se webtuiste te besoek.

Klik hier om Moi-Belle op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Lees ook: Onderneming in die kollig: Elzette’s Art Shop

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels