Onderneming in die Kollig: Protect-O-Burn

09/10/2019
| Deur AfriForum Wêreldwyd
22405753_10155131205583240_7349994728593367921_n

Wêreldwyd se Wêreldgids poog om jou met die dinge in verbinding te bring wat jy die meeste nodig het. Daarom fokus ons gids nie net op winkels en restaurante waar jy topgehalte- Suid-Afrikaanse produkte kan kry nie, maar ook waar jy professionele dienste kan ontvang of ander Suid-Afrikaners kan ondersteun. Veiligheid is bo-aan die lys van vandeesweek se Onderneming in die Kollig. Hulle is werksaam in sewe lande regoor die wêreld en wil veilige brandbestryding sover as moontlik bevorder. Lees verder om meer oor Protect-o-Burn te leer.

Protect-o-Burn het ’n nederige begin in 2003 in Suid-Afrika intussen verruil vir werksaamhede op drie vastelande en verteenwoordiging in vyf. Inhuise ingenieurswese, installering en onderhoud verseker die hoogte gehalte en bestendigheid dwarsdeur. Ons ontwerp, voorsien, installeer en onderhou unieke beproefde en betroubare brandbestrydingsoplossing deur innovering, noodreaksievoertuie en draagbare toerusting om veelheid van logistieke probleme op te los.

Don’t fear it – FIGHT it!

Dis vir ons meer as net ’n leuse.

Dit is om begrip daarvoor te hê dat dapper persone soms hul eie lewens moet waag  om eiendom te beskerm of iemand anders se lewe te red, en dit is ons verantwoordelikheid om hulle toe te rus met die beste kans om dit veilig en suksesvol te doen.

Maak Protect-O-Burn deel van jou brandvoorkoming en sien die verskil.

Besoek Protect-O-Burn se webtuiste hier

Besoek Protect-O-Burn se profiel op die Wêreldgids hier

Lys jou onderneming hier

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels