Onderneming in die Kollig: Security Everywhere – Advanced cyber security solutions

16/11/2021
| Deur AfriForum Wêreldwyd
security

Wêreldwyd se Wêreldgids skep ’n suksesvolle netwerk om Suid-Afrikaners in die buiteland met mekaar in aanraking te bring sodat jy Suid-Afrikaanse ondernemings in jou omgewing kan ondersteun.

Vat die kans en word deel van hierdie netwerk. Netwerke is nie net vir ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Die Wêreldgids beskik tans oor meer as ’n duisend ondernemings, van Afrikaanse dokters in Nieu-Seeland tot biltongwinkels in Londen.


Hierdie week se Onderneming in die Kollig is Security Everywhere – Advanced cyber security solutions in die Verenigde Koninkryk.

Dit is in vandag se lewe ’n realiteit dat kuberkrakery algemeen en gereeld voorkom. Die meeste mense het al onder kuberkrakers deurgeloop of ken iemand met wie dit gebeur het.

Ons doel by Security Everywhere is om jou te help met alles wat jy nodig het om jouself teen aanlyn kriminele aktiwiteite te beskerm. As ’n span tegnologiekenners was ons oorval met oproepe van mense wat kuberaanvalle beleef het, en dit het gelei tot ons missie om mense oor kubermisdaad in te lig en jou en jou besigheid daarteen te beskerm.

Ons hou jou “kuberveilig” deur goed getoetsde, “best of breed”-oplossings wat enige bedreigings vinnig kan identifiseer, daarop reageer, en dit elimineer deur van die nuutste tegnologie gebruik te maak.

Deel op

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels