Wêreldwyd se Wêreldgids het ’n suksesvolle netwerk geskep om Suid-Afrikaners in die buiteland met mekaar in aanraking te bring sodat jy Suid-Afrikaanse ondernemings in jou omgewing kan ondersteun. Wêreldwyd kies elke week een onderneming uit die Wêreldgids om in die Kollig te verskyn. Vandeesweek se onderneming in die kollig is Springbok BBQ.
Wat doen ons?
Ons is baanbreker-spyseniers van kos wat op houtvure berei word en verskaffers van topgehalte biltong in die Verenigde Koninkryk.
Springbok is die naam van ’n bok wat eie is aan Suider-Afrika en wat bekend is daarvoor dat dit vier meter hoog en 16 meter ver kan spring en tot 100 km/h kan hardloop. In Suider-Afrika is die springbok se naam sinoniem met trots en gehalte en daarom het ons dit as ons naam gekies. Deur Springbok BBQ vir jou spyseniering te kies, koop jy nie net in in ’n kultuur van waardering vir die bestanddele waarmee ons kook nie, maar ook ’n passie vir die finale produkte wat ons uiteindelik aan jou en jou gaste bedien.
Waarom moet jy ons kies as jou spysenier?
Deesdae weet almal: Alles smaak baie lekkerder as dit op hout gaargemaak is!
- Kies die hout vir jou braai of braaiboud uit verskeie soorte hardehout, insluitend appel, esdoring, mesquite, eik en hickory.
- Kies die diensopsie waarvan jy hou uit die verskeidenheid wat ons bied: buffet, tafelbediening of selfs skemerkelkies.
- Ons teenwoordigheid verleen ’n feestelike atmosfeer aan troues, tuinpartytjies en ander byeenkomste en help om elke geleentheid ekstra spesiaal te maak.
Kontak Springbok BBQ.
Telefoon: +44 7825 752596
E-pos: charles@springbokbbq.co.uk
Klik hier om Springbok BBQ op Facebook te besoek.
Klik hier om Springbok BBQ in Wêreldwyd se Wêreldgids te vind.