Dié week val die kollig op Stryve in Texas, Verenigde State van Amerika (VSA).
Stryve is gratis op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids gelys.
Stryve spesialiseer in die vervaardiging en verspreiding van Suid-Afrikaanse kos, veral biltong.
Ontmoet Warren Pala. Warren is ons HBO – ons Hoof-BILTONG-Beampte. As gebore en getoë Suid-Afrikaner van Johannesburg eet hy al biltong van voor hy tande gehad het en maak hy dit al byna 30 jaar self. Nou het sy droom waar geword: Hy maak die heerlikste biltong en oorweldig die jerky-etende Amerikaners met die geur daarvan.
Stryve lewer enige plek in die VSA af.
Dink jy jou onderneming verdien dit om in die kollig te wees? Gryp vandag nog die geleentheid aan en word deel van ons AfriForum Wêreldwyd-netwerk. Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie; dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en al jou mense net te ver weg is.
Kontak Stryve
Klik hier om Stryve se webtuiste te besoek.
Klik hier om Stryve op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.