Wêreldwyd se unieke Wêreldgids is so trots Suid-Afrikaans soos koeksisters en melktert! Op die Wêrelgids kry jy alles wat jy moontlik kan nodig hê om tuis te voel in ‘n vreemde land. Ons wys vir jou waar jy biltong, boerewors, melktert, koeksisters en nog baie meer kan kry, jy kan selfs ‘n dokter of rekenmeester opspoor wat jou in Afrikaans kan help! Ja, ons het werklik alles onder die Afrika son. Elke week kies die Wêreldwyd-span een van die ondernemings op die Wêreldgids om in die Kollig te veskyn, hierdie week se ondernming gaan sommer jou mond laat water, Sweets & Treats in Dubai.
Sedert Sweet & Treats ‘n paar maande gelede op die gids gelys is het hulle net nog meer uitgebrei en het hulle nou ‘n groter verskeidenheid as ooit! By Sweets & Treats kan jy al jou gunsteling Suid-Afrikaanse lekkernye in Dubai sommer onder een dak opspoor. Dink aan enige spesiale geleentheid, soos Valentynsdag of ‘n verjaarsdag en jy kan maar weet dat jy iets spesiaals en liplek-lekker by Sweets & Treats gaan kry. Jy kan selfs nou verjaarsdagkoeke by hulle bestel en spesiale versoeke gee vir ‘n geleentheid, soos die klient wat mini-koeksisters in klein bakkies laat verpak het vir ‘n partytjie.
So of jy nou jou eie soettand wil bevredig of ‘n soetigheid met Suid-Afrikaans flair aan ‘n spesiale geleentheid wil verleen, jy sal beslis kry waarna jy soek – en so bietjie ekstra, by Sweets & Treats.
Besoek Sweets & Treats se webtuiste hier
Besoek Sweets & Treats se profiel op die Wêreldgids hier
Lys jou onderneming hier