Onderneming in die Kollig: The Biltong Company

17/04/2019
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Copy-of-Untitled-Design-2

Daar is min dinge so eg Suid-Afrikaans soos Wêreldwyd se Wêreldgids. As jy jouself in ‘n nuwe land bevind en nie weet waar jy ‘n heerlike bord Suid-Afrikaanse kos kan geniet nie, of nie weet hoe om jou kwale in Engels aan ‘n dokter te verduidelik nie, dan hoef jy nie verder te soek as ons Wêreldgids nie. Elke week kies die Wêreldwydspan een trots Suid-Afrikaanse onderneming in die buiteland om in die Kollig te verskyn. Hierdie week in die Kollig het ons The Biltong Company in Australië.

The Biltong Company is die resultaat van man en vrou span – Mark en Mel – wat die biltong self voorberei en verpak. Hulle gebruik resepte wat oor jare heen verfyn is tot die produk wat hul kliënte nou ken en vertrou.

Dit is vir The Biltong Company ‘n punt van trots om eg Suid-Afrikaanse biltong na die biltong-honger mense van Australië te bring, nie jerky nie.

Besoek The Biltong Company se webblad hier

Besoek The Biltong Company se Facebookblad hier

Besoek The Biltong Company se profiel op die Wêreldgids hier

Lys jou onderneming hier

 

*Regstelling: ‘n Vorige weergawe van hierdie artikel het inkorrekte inligting bevat rakende die eienaar en ligging van die winkel.

 

 

 

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels