AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids bring Suid-Afrikaanse ondernemings van oor die wêreld met mekaar in aanraking. Dit brei jou netwerk uit en laat die wêreld ’n bietjie kleiner voel. Hierdie platform bied toegang tot ’n diverse verskeidenheid ondernemings, van restaurante en gastehuise tot noodsaaklike diensverskaffers. Dit is ’n handige metgesel, selfs wanneer jy op reis is.
Met meer as 40 kategorieë beskikbaar, kan jy met gemak die regte diensverskaffer vind. Hierdie week val die kollig op The Local Lens in die Kaaimanseilande – ’n trotse bydraer tot die Wêreldgids.
Lees meer oor The Local Lens
The Local Lens is gebore uit ’n begeerte om pragtige, tydlose beelde te lewer wat die vreugde en egtheid van ons lewens weerspieël.
Ek hou daarvan om aan my werk te dink as ’n samesmelting tussen sowel geposeerde as leefstylfotografie. Alles wat ek doen is baie doelbewus. Ek probeer natuurlike oomblikke vasvang wat gebeur deur rekwisiete in my sessies te gebruik. Ek vang groot en klein detail vas, en ek poog om oomblikke vas te vang wat jou iets laat voel.
Met AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n dinamiese sakenetwerk nie; dit is ook ’n platform om ’n ondersteuningsnetwerk te vestig vir daardie dae wanneer die verlange na jou mense swaar op jou hart druk. Maak seker jou onderneming word op ons Wêreldgids gelys – klik op die skakel om deel te word van hierdie groeiende gemeenskap.
Registreer jou onderneming op die Wêreldgids en vertel ons van jou netwerk – ons hoor graag van jou by wereldwyd@afriforum.co.za. Laat weet ons gerus van jou gunsteling- plaaslike onderneming of jou ervarings in die buiteland.
Kontak The Local Lens
Klik hier om The Local Lens se webtuiste te besoek.
Klik hier om The Local Lens op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.