Onderneming in die Kollig: The Mad Hunter

09/11/2021
| Deur AfriForum Wêreldwyd
madhunter-foto

Wêreldwyd se Wêreldgids skep ’n suksesvolle netwerk om Suid-Afrikaners in die buiteland met mekaar in aanraking te bring sodat jy Suid-Afrikaanse ondernemings in jou omgewing kan ondersteun.

Vat die kans en word deel van hierdie netwerk. Netwerke is nie net vir ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Die Wêreldgids het tans meer as ’n duisend ondernemings, van prokureurs in Nieu-Seeland tot ’n Suid-Afrikaanse restaurant in Texas.

Hierdie week se onderneming in die Kollig is The Mad Hunter in die Verenigde Koninkryk.

Travis en Ollie ken mekaar reeds ’n hele paar jaar. Hulle het saam by die Seafood Pub Company gewerk. Sedert kindsbeen het elkeen van hulle gedroom oor die idee van iets soos The Mad Hunter. Jy kan soontoe gaan as jy op soek is na iets anders, iets oorspronklik, iets met ’n Suid-Afrikaanse geur – of dit nou ’n lekker glas wyn, uitstekende kos of ongelooflike gasvryheid is.

Saans verander The Mad Hunter in ’n restaurant met gedempte ligte, kerse, goeie wyn, ’n reeks jenewers, verskeie spesiale aanbiedinge wat gereeld verander om iets vir avontuurlustige gaste te bied, en ons aandspyskaart.

Deel op

Watter taal praat jy by die huis?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels