Onderneming in die Kollig: The Percy Arms – Chilworth

24/05/2022
| Deur AfriForum Wêreldwyd
997022_1049528478396087_7016236240595980797_n

The Percy Arms is geleë in die prentjiemooi dorpie Chilworth in die hartjie van Surrey Hills. Dis ’n elegant plattelandse kroeg en restaurant met luukse kamers, en dit bedien moderne Britse disse met ’n Suid-Afrikaanse kinkel – welbekend vir steaks en roostervleis!

The Percy Arms is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel ander Afrikaners in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun.

Die Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Tans beskik die Wêreldgids oor meer as 1 000 ondernemings, van Afrikaanse dokters in Nieu-Seeland tot biltongwinkels in Londen.

Netwerke is meer as net ondernemings; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Deel op

Nuutste artikels