Wêreldwyd se Wêreldgids het ’n suksesvolle netwerk tot stand gebring om Suid-Afrikaners in die buiteland met mekaar te verbind sodat jy Suid-Afrikaanse sakeondernemings in jou omgewing kan ondersteun. Elke week kies Wêreldwyd een onderneming wat in die Wêreldgids gelys is om in die Kollig te verskyn. Vandeesweek kom VBase Digital aan die beurt.
VBase Digital voorsien doeltreffende bemarkingsdienste aan kliënte in die Europese Unie, die VSA en Asië-Pasifiese Gebied om hul ondernemings uit te bou. Ons identifiseer kliëntkwelpunte, bied strategieë vir elk van die raakpunte in die kliënte-ervaring en identifiseer maklik bekombare inkomstestrome wat ’n onmiddellike impak op jou onderneming kan hê en kan help om langtermyninkomste te bewerkstellig. VBase Digital is ’n digitale bemarkings- en aflandige talentoplossingsagentskap wat ’n span van ervare digitalebemarkingskenners met bemarkingoutomatiseringstegnologie kombineer om kliënte van vollediensoplossings te voorsien. Dit is bekostigbaar en toeganklik: Ons ligging in Suidoos-Asië stel ons in staat om laer koste en toeganklikheid aan kliënte deur te gee, gerugsteun deur aanpasbare, pasgemaakte digitale oplossings.
Ons werk met ondernemings van regoor die bedrywe en van alle groottes en inkomstemodelle om hul aanlyn teenwoordigheid en handelsmerkboodskap te vernuwe, en om hul teikengehore te betrek.
Of jy nou leidrade wil genereer, jou verkoopstregter wil uitbrei, handelsmerkbewustheid wil skep, jou soekenjinoptimering wil maksimeer of jou teikengehoor wil beïnvloed – ons ontwikkel pasgemaakte oplossings wat op jou unieke ondernemingsbehoeftes geskoei is.
Ligging:
Singapoer –Keppelweg 19, #03-07, Singapoer 089058
Viëtnam – Derde vloer, Nguyen Dinh Chieuweg 27B, Da Kao, Distrik 1, Ho Chi Minh Stad
Klik hier om VBase te kontak.
Klik hier om VBase via Facebook te kontak.
Klik hier om VBase op Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.