Onderneming in die Kollig: Wally’s Delicatessen & Kaffeehaus

13/03/2019
| Deur AfriForum Wêreldwyd
41723659_2330157547056008_1541158682417430528_n

Wêreldwyd se Wêreldgids is so eg Suid-Afrikaans en amper so lekker soos ’n tjoppie op die vuur. Hier kan jy eg Suid-Afrikaanse produkte soos biltong, braaivleis, koeksisters en selfs ’n lekker melktert in jou omgewing opspoor. Elke week kies ons by Wêreldwyd een van die ondernemings in die gids om in die Kollig te verskyn. Hierdie week se onderneming in die Kollig is Wally’s Delicatessen & Kaffeehaus in die Suid-Weste van Brittanje.

Wally’s Delicatessen & Kaffeehaus is die vernaamste delikatesse winkel in Wallis en die Suid-Weste van Britanje. Wally’s Delicatessen & Kaffeehaus voer al sedert die 1980’s produkte van regoor die wêreld in. Hier kan jy al jou gunsteling Suid-Afrikaanse produkte koop soos All Gold tamatiesous, Cape Heights Shiraz, mieliepap en nog baie meer. Natuurlik verkoop Wally’s ook vleisprodukte en so kan jy ook jou biltong-lus blus.

By Wally’s kan jy aanlyn koop as jy sou wou of jy kan by hul fisiese winkel inloer, jy sal nie spyt wees nie.

Besoek Wally’s se webtuiste hier

Besoek Wally’s se profiel op die Wêreldgids hier

Lys jou onderneming hier

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels