Onderneming in die Kollig: Wolkskool

18/03/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
425829910_398548705876246_4288664188531955526_n

Hierdie week se kollig is op Wolkskool. Wolkskool is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Lees meer oor Wolkskool

AfriForum Wêreldwyd verneem dikwels van ouers wat in die buiteland woon, maar steeds graag hulle kinders Afrikaans wil leer. Wolkskool is ’n nuttige hulpmiddel vir jou kind in die buiteland.

Wolkskool is ’n inisiatief van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS). Dit is gestig met die doel om akademiese prestasie in Afrikaans enige tyd en op enige plek te help verbeter. As wêreldklas aanlynleerplatform bied dit meer as 16 000 videolesse, werkkaarte en assesserings in agt laerskool- en sestien hoërskoolvakke in Afrikaans aan. Die aanbod brei deurentyd uit en die nuutste tegnologie word aangewend om dit so gebruikersvriendelik as moontlik vir kinders en ouers te maak.

Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Help jou onderneming om te groei, gebruik hierdie skakel en maak seker jou onderneming word gelys op Wêreldwyd se Wêreldgids.


Ons wil graag hoor waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk. Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Kontak Wolkskool

Klik hier om Wolkskool se webtuiste te besoek.

Klik hier vir Wolkskool op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids.

Lees ook: Wat bied Die Wolkskool vir leerders

Deel op

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels