Onderneming in die kollig: Zeli Photography

26/08/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Onderneming in die kollig: Zeli Photography

AfriForum Wêreldwyd se enig-in-sy-soort Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Die Wêreldgids maak die wêreld bietjie kleiner, maar jou netwerk groter. Ondernemings vanuit alle uithoeke van die aarde kan op die Wêreldgids opgespoor word. Selfs al gaan jy net op reis in die buiteland, is die Wêreldgids handig – inligting oor ambassades, gastehuise, restaurante en apteke is tot jou beskikking.

Die Wêreldgids spog met 40 kategorieë van ondernemings en diensverskaffers van regoor die wêreld. Hierdie week se kollig val op Zeli Photography in die Verenigde State van Amerika. Zeli Photography is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys.

Lees meer oor Zeli Photography

Welkom, ek is Zelda!

’n Bietjie oor my …

My liefde vir fotografie kom al ’n lang pad! Van my jare se reis om die wêreld, om uiteindelik daardie spesiale gesinsoomblikke van my eie pragtige gesin vas te vang en te vries.

My liefde het in my passie verander en nou streef ek hierdie avontuur na met ander gesinne ook. Ek is mal daaroor om deel te wees van elkeen se unieke storie en liefde.

My doel is om hierdie heilige seisoen in jou lewe te bewaar – foto’s gee ons die vermoë om tyd op ’n unieke en kosbare manier te stop, en dit sal my voorreg wees om dit vir jou gesin ook vas te lê.

Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle wyse waarop jy ’n ondersteuningsbasis kan bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Help jou onderneming om te groei: Gebruik hierdie skakel en maak seker jou onderneming word op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys.


Ons wil weet waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk. Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Klik hier om Zeli Photography se webtuiste te besoek.

Klik hier om Zeli Photography op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Lees ook: Onderneming in die kollig: Sails On Kos

Deel op

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels