AfriForum Wêreldwyd – ons bou aan ’n wêreldwye gemeenskap waar jy tuis kan voel

27/08/2024
| Deur Sue-Ann de Wet
AfriForum Wêreldwyd – ons bou aan ’n wêreldwye gemeenskap waar jy tuis kan voel

Al bly jy ver, bly jy familie. Jou wortels en bande mag dalk strek oor kontinente, maar die hart van jou erfenis klop hier in jou geboorteland.

Om kontak te behou is noodsaaklik, waar ons ook al is. AfriForum Wêreldwyd help jou om betrokke te bly by jou kultuur, taal en burgerregte-inisiatiewe.

AfriForum is toegewyd om ons veiligheidstrukture te versterk. Met 177 buurtwagte regoor Suid-Afrika staan ons saam teen misdaad, beskerm ons gemeenskappe in dorpe, stede en op plase, en bou ons aan ’n netwerk van veiligheid en ondersteuning. AfriForum werk onverpoosd om ’n veilige en voorspoedige toekoms vir jou familie en vriende wat nog in die land woon, te probeer verseker. Ons traumaeenheid bied unieke ondersteuning aan slagoffers van geweldsmisdaad, insluitende plaasaanvalle.

Ons bevorder Afrikaans as ’n onderrig- en gebruikstaal vir toekomstige geslagte. Saam kan ons ’n toekoms bou waar ons taal en kultuur floreer. Hierdie is slegs enkele veldtogte en aktiwiteite van AfriForum – indien jy meer wil weet, klik hier.

Help ons om saam te bou aan ’n veiliger, voorspoedige en volhoubare toekoms.

Jou wortels bly diep in Afrikaanse grond, en jou bydrae maak ’n verskil. Word deel van die AfriForum-span wat ’n toekoms skep waar elke Afrikaner oor die wêreld heen trots kan voel, en waar ons werkbare oplossings vir uitdagings kan vind om te verseker dat ons gemeenskap steeds aan die suidpunt van Afrika sal kan voortbestaan.

Sluit aan by AfriForum as ’n internasionale lid – saam is ons sterker.

AfriForum Wêreldwyd – waar jy ook al gaan, jy bly deel van hierdie familie.

SLUIT AAN

Deel op

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels