Putfontein herleef – Anton van Zyl

09/09/2016
| Deur Sue-Ann de Wet
putfontein-herleef-anton-van-zyl

 

Ons het ‘n Militêre Odussee in Kent bygewoon tydens die naweek van 28 Augustus 2016.

Tot ons verbasing was een van die eerste uitbeeldings van die dag die Slag van Putfontein wat tydens die eerste Anglo-Boereoorlog in 1881 plaasgevind het. Gedurende daardie spesifieke stryd jare gelede het die Britse magte hulle teenstanders totaal onderskat en met uiterste minagting behandel. Die gevolg was ‘n vernederende neerlaag en die Britte moes die aftog blaas. Ná die aanvanklike neerlaag by Putfontein, was daar nog ‘n aantal soortgelyke teenslae en die oorlog het geëindig met die ondertekening van ‘n vredesverdrag by O’Neil’s Cottage aan die voet van Majuba (Zulu vir Heuwel van duiwe) waar die Britte die grootste neerlaag van die oorlog gely het.

Die uitkoms van hierdie vredesverdrag was die onafhanklikheid van Transvaal; dit het geduur tot die begin van die tweede Anglo-Boereoorlog of Suid-Afrikaanse Oorlog in 1899.

Hoewel daar geen ware “Boere” onder die groep was wat die oorlog uitgebeeld het nie, was hul poging om die Boeremagte in detail uit te beeld prysenswaardig. Die Boere het nie daardie tyd ‘n permanente weermag gehad nie, maar daar is van elkeen verwag om aan te sluit by die kommando in sy streek. Hy moes sy eie perd, geweer, ammunisie, uniform en voorrade voorsien. Die regering het wel ‘n paar Martini-Henry-gewere verskaf wat nog in 1879 gedurende die Anglo-Zoeloeoorlog deur die Britse aan hulle verskaf is. Niemand het enige betaling ontvang nie en die meeste het vir hul liefde vir vryheid geveg. Die meeste het nie militêre stewels gedra nie, maar eerder velskoene, ‘n soort skoen wat gemaak is van baie sterk beesvel en wat steeds ʼn gunsteling is van baie van die Boere se afstammelinge. (Daar is ‘n soortgelyke skoen in die Verenigde Koninkryk; dit word “desert boots” genoem.) Die enigste rang is gedra deur die kommandante of offisiere; dit het bestaan uit hulle kerkklere en ʼn keil.

In sommige gevalle het die vroue hulle mans vergesel, ook geklee in die kleredrag van daardie tyd – wye rokke en kappies – maar dit was eerder die uitsondering as die reël.

Die perde wat hulle gebruik het, was Basotho-ponies wat gewoond was aan swaarkry en die lewe in die veld.

Dit was ʼn hartseerstryd met klem op die botsende idees van die imperialiste en die burgers wat so lief was vir hul vryheid, tipies van die oorloë in daardie tyd.

Die Slag van Bronkhorstspruit was die eerste geveg tydens die Eerste Vryheidsoorlog. Dit was ʼn geveg tussen ʼn Britse leëreenheid en ʼn groep Boere by die Bronkhorstspruitrivier, ʼn paar myl oos van die dorp Bronkhorstspruit in Transvaal, op 20 Desember 1880.

Bron: YouTube, 28 November 2015. [aanlyn] Beskikbaar by: <https://youtu.be/iiU1rAkrQBY> (vertaal)

Deel op

Nuutste artikels