Ses maniere om moeilike tye te deurstaan

06/02/2023
| Deur Hendrika Jooste
mm-4

Deur Hendrika Jooste

Niemand se lewe is maklik nie – niemand nie! Jou familie en vriende tuis mag dalk dink dat jou lewe in ’n nuwe land net maanskyn en rose is. Dit lyk inderdaad of sommige mense dit makliker het as ander. En tog kan jy daarvan oortuig wees dat hulle ook een of ander probleem ervaar.

Dis waarom ons almal moet probeer om op te hou om ons persoonlike oortuigings op ander af te dwing of te vinnig tot gevolgtrekkings te kom. Pleks daarvan moet ons meer beskaafd teenoor ander optree en ’n bietjie empatie hê.  

Ons kan almal baat vind by ’n bietjie positiwiteit in ons dag. Selfs iets eenvoudig soos ’n glimlag as jy verby iemand loop, kan hulle dag opvrolik. Dis hoe nou ons met mekaar verbind is. En daarmee saam moet ek sê dat ’n glimlag een van die beste maniere is om moeilike tye te deurstaan.  

1.     Wees geduldig

Ons breine is só bedraad om ons van alle vreemde en bekende bedreigings te beskerm, en dit is geneig om ongunstige gebeure in ons lewens uit te rek sodat ons moet dink dat dit al vir ’n lang tyd aan die gebeur is.

En tog – die ergste deel is dat jy begin glo dat die slegte tye vir ewig gaan aanhou. Dit voel asof daar geen einde in sig is nie en dat jy verdoem is om ’n tragiese lewe te lei. Moet dit asseblief nie glo nie.  

Tydens jou migrasiereis gaan jy deur vyf stadiums van kultuurskok gaan. Dit is ’n normale proses wat goed gedokumenteer en nagevors is. Dit is so voorspelbaar: Ons kan sien vanuit mense se sosialemediaplasings in watter fase van die op-en-af-migrasiereis hulle is. Daar is lig aan die einde van die tonnel, ja – en nee, dit is nie ’n aankomende trein nie.

Een van die onveranderlike dinge in die lewe is dat alles verander. So, wat jy ook al deurmaak – goed óf sleg – sal uiteindelik tot ’n einde kom. Situasies sal jou noop om op te tree en sal help om die probleem te bowe te kom. Aan die ander kant: Met sommiges sal jy maar in jouself moet glo en wag dat die storm oorwaai. 

2.     Gryp jou swakhede aan

Elkeen van ons het ons eie persoonlike stel sterk- en swakpunte, gawes en foute. Die probleem is dat, wanneer dinge moeilik word, ons bloot op ons swakpunte en hulpeloosheid fokus. Ons vergeet van ons sterkpunte en kul onsself om ons swakpunte te beklemtoon. Daarom begin ons soos verloorders voel: nie in staat om bo enige uitdagende omstandighede uit te styg nie.

Die geheim om hierdie put van selfvertwyfeling te ontwyk, is om jouself nooit met iemand anders te vergelyk nie. Jy kan nie jou een maand lange migrasiereis vergelyk met iemand wat 20 jaar gelede al geëmigreer het nie. Gee jouself ’n ruskans en wees goed vir jouself.  

Herinner jouself dan aan al jou sterkpunte. Jy kan selfs al die dinge lys waarin jy uitstyg en dit iewers opsit. Maak seker dit is iewers opgerig waar jy gereeld verbyloop, soos ’n yskasdeur of die badkamerspieël. Dit is ’n baie goeie wenk om jou persepsie te verander van iemand wat swak en kwesbaar is tot iemand wat bemagtig en vol selfvertroue is.  

3.     Wees trots op wat jy al vermag het

Jy sou nooit sover gekom het sonder om in een of twee knap situasie te wees nie. So, wanneer jy ook al ’n hupstoot in moeilike tye nodig het, herinner jouself aan soortgelyke omstandighede wat jy te bowe gekom het.  

Jy het waarskynlik al omstandighede deurstaan – of nie. Hoe dit ook al sy, jy het daardeur iets geleer en lewenservaring opgedoen. Hoewel jy dalk mag dink dat jy nog nooit voorheen geëmigreer het nie, kan jy jouself gerus aan jou veerkragtigheid en vasberade geaardheid herinner.  

Dit sal jou selfvertroue ’n enorme hupstoot gee om te onthou hoe goed jy in moeilike tye kon optree en uitdagings kon hanteer. Dit sal ook help om jou ingesteldheid te verander van ’n gevoel van hulpeloosheid tot ’n gevoel van gemotiveerdheid om tot aksie oor te gaan en te doen wat gedoen moet word.  

4.     Wees dankbaar

Ek het dié artikel begin deur op te merk dat ons almal deur moeilike tye gaan, en dit is die waarheid. Die verskil tussen dié wat op hul voete te lande kom en floreer teenoor dié wat ’n mismoedig en wanhopig is, is dankbaarheid.

Dit maak nie saak hoe moeilik dinge nou is nie – daar is altyd ’n dosyn ander dinge wat goed afloop in ’n mens se lewe. Is jou verhouding op die rotse? Wees dankbaar dat jy ’n bestendige werk het en kos op die tafel kan sit. Probleme by die werk? Wees dankbaar vir jou gesondheid, gesin en vriende.

Dan is daar die al die klein goedjies wat ons as vanselfsprekend aanvaar, soos pragtige sonsondergange, ontspanne wandelings in die park en heerlike koffie. Verander jou perspektief, en jy sal gou besef dat dinge ná alles nie net sleg is nie.  

5.     Leer uit jou ervarings

Lewensafrigters, sielkundiges en terapeute is dit eens dat daar géén mislukkings in persoonlike ontwikkeling is nie – daar is slegs jou interpretasie van die gebeure en hoe jy daarop reageer.

Klink redelik eenvoudig, dan nie? Ja! Maar sodra ’n probleem jou in die gesig staar, vlieg al daardie wysheid by die deur uit. Dit is weens jare se programmering dat mislukking ’n enorme flitsende lig is wat klik wanneer ons iets verkeerd doen en ons dan van koers af kry. Dit kan egter nie verder van die waarheid wees nie. Trouens, alles wat ons nou so uitstekend doen, is die produk van ’n leer-en-probeer-metode, soos om te loop, om te tik of om te bestuur. Geen migrant het ooit ’n perfekte migrasiereis sonder trane nie.

Wat jy moet doen, is om te probeer begryp waarom dit gebeur. Gebruik dan dié ervaring om meer oor jou voorkeure en afkeure te wete te kom, en van jou swak- en jou sterkpunte. Uiteindelik sal jy dinge kan omdraai.  

6.     Klou vas aan jou geloof

As Christene weet ons dat ons ’n geheime wapen het in ’n skynbaar ongelowige wêreld. Deur ons geloof vind ons troos deur die Skrif te bestudeer en elke dag te bid en mediteer. Dit verbind ons aan ’n lewensbelangrike ondersteuningsnetwerk deur ons kontakte in ons geloofsgebaseerde gemeenskappe.

As dit broekskeur gaan, is dit tyd om al meer aan ons geloof vas te klou, en veral aan God se beloftes.    

Spreuke 3:5–6

“Vertrou op die Here met jou hele hart, en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelyk maak.”


Deel op

Watter taal praat jy by die huis?
Naam en van
+27(Suid-Afrika)
+93 (Afghanistan)
+355 (Albanië)
+213 (Algerië)
+376 (Andorra)
+244 (Angola)
+-267 (Antigua en Barbuda)
+54 (Argentinië)
+374 (Armenië)
+61 (Australië)
+43 (Oostenryk)
+994 (Azerbeidjan)
+-241 (Bahama-eilande)
+973 (Bahrein)
+880 (Bangladesh)
+-245 (Barbados)
+375 (Wit-Rusland)
+32 (België)
+501 (Belize)
+229 (Benin)
+975 (Bhutan)
+591 (Bolivia)
+387 (Bosnië en Herzegovina)
+267 (Botswana)
+55 (Brasilië)
+673 (Brunei)
+359 (Bulgarye)
+226 (Burkina Faso)
+257 (Burundi)
+238 (Kaap Verde)
+855 (Kambodja)
+237 (Kameroen)
+1 (Kanada)
+236 (Sentraal-Afrikaanse Republiek)
+235 (Tsjad)
+56 (Chili)
+86 (China)
+57 (Colombia)
+269 (Komore)
+243 (Demokratiese Republiek Kongo)
+242 (Republiek Kongo)
+506 (Costa Rica)
+385 (Kroasië)
+53 (Kuba)
+357 (Ciprus)
+420 (Tsjeggië)
+45 (Denemarke)
+253 (Djiboeti)
+-766 (Dominica)
+-808 (Dominikaanse Republiek)
+593 (Ecuador)
+20 (Egipte)
+503 (El Salvador)
+240 (Äquatoriaal-Guinee)
+291 (Eritrea)
+372 (Estland)
+268 (Eswatini)
+251 (Ethiopië)
+679 (Fidzi)
+358 (Finland)
+33 (Frankryk)
+241 (Gabon)
+220 (Gambië)
+995 (Georgië)
+49 (Duitsland)
+233 (Ghana)
+30 (Griekeland)
+-472 (Grenada)
+502 (Guatemala)
+224 (Guinee)
+245 (Guinee-Bissau)
+592 (Guyana)
+509 (Haïti)
+504 (Honduras)
+36 (Hongarye)
+354 (Ysland)
+91 (Indië)
+62 (Indonesië)
+98 (Iran)
+964 (Irak)
+353 (Ierland)
+972 (Israel)
+39 (Italië)
+-875 (Jamaika)
+81 (Japan)
+962 (Jordanië)
+7 (Kasakstan)
+254 (Kenia)
+686 (Kiribati)
+850 (Noord-Korea)
+82 (Suid-Korea)
+383 (Kosovo)
+965 (Koeweit)
+996 (Kirgisië)
+856 (Laos)
+371 (Letland)
+961 (Libanon)
+266 (Lesotho)
+231 (Liberia)
+218 (Libië)
+423 (Liechtenstein)
+370 (Litauen)
+352 (Luxemburg)
+261 (Madagaskar)
+265 (Malawi)
+60 (Maleisië)
+960 (Maledive)
+223 (Mali)
+356 (Malta)
+692 (Marshall-eilande)
+222 (Mauritanië)
+230 (Mauritius)
+52 (Mexiko)
+691 (Mikronesië)
+373 (Moldowa)
+377 (Monaco)
+976 (Mongolië)
+382 (Montenegro)
+212 (Marokko)
+258 (Mosambiek)
+95 (Mianmar)
+264 (Namibië)
+674 (Nauru)
+977 (Nepal)
+31 (Nederland)
+64 (Nieu-Seeland)
+505 (Nicaragua)
+227 (Niger)
+234 (Nigerië)
+389 (Noord-Masedonië)
+47 (Noorweë)
+968 (Oman)
+92 (Pakistan)
+680 (Palau)
+507 (Panama)
+675 (Papoea-Nieu-Guinee)
+595 (Paraguay)
+51 (Peru)
+63 (Filipyne)
+48 (Pole)
+351 (Portugal)
+974 (Katar)
+40 (Roemenië)
+7 (Rusland)
+250 (Rwanda)
+-868 (Saint Kitts en Nevis)
+-757 (Saint Lucia)
+-783 (Saint Vincent en die Grenadine)
+685 (Samoa)
+378 (San Marino)
+239 (Sao Tomé en Principe)
+966 (Saoedi-Arabië)
+221 (Senegal)
+381 (Serwië)
+248 (Seychelle)
+232 (Sierra Leone)
+65 (Singapoer)
+421 (Slowakye)
+386 (Slovenië)
+677 (Salomonseilande)
+252 (Somalië)
+27 (Suid-Afrika)
+211 (Suid-Sudan)
+34 (Spanje)
+94 (Sri Lanka)
+249 (Soedan)
+597 (Suriname)
+46 (Swede)
+41 (Switserland)
+963 (Sirië)
+886 (Taiwan)
+992 (Tadjikistan)
+255 (Tanzanië)
+66 (Thailand)
+670 (Timor-Leste)
+228 (Togo)
+676 (Tonga)
+-867 (Trinidad en Tobago)
+216 (Tunisië)
+90 (Turkye)
+993 (Turkmenistan)
+688 (Tuvalu)
+256 (Oeganda)
+380 (Oekraïne)
+971 (Verenigde Arabiese Emirate)
+44 (Verenigde Koninkryk)
+1 (Verenigde State)
+598 (Uruguay)
+998 (Oesbekistan)
+678 (Vanuatu)
+379 (Vatikaanstad)
+58 (Venezuela)
+84 (Viëtnam)
+967 (Jemen)
+260 (Zambië)
+263 (Zimbabwe)
(Suid-Afrika)
Afghanistan
Albanië
Algerië
Andorra
Angola
Antigua en Barbuda
Argentinië
Armenië
Australië
Oostenryk
Azerbeidjan
Bahama-eilande
Bahrein
Bangladesh
Barbados
Wit-Rusland
België
Belize
Benin
Bhutan
Bolivia
Bosnië en Herzegovina
Botswana
Brasilië
Brunei
Bulgarye
Burkina Faso
Burundi
Kaap Verde
Kambodja
Kameroen
Kanada
Sentraal-Afrikaanse Republiek
Tsjad
Chili
China
Colombia
Komore
Demokratiese Republiek Kongo
Republiek Kongo
Costa Rica
Kroasië
Kuba
Ciprus
Tsjeggië
Denemarke
Djiboeti
Dominica
Dominikaanse Republiek
Ecuador
Egipte
El Salvador
Äquatoriaal-Guinee
Eritrea
Estland
Eswatini
Ethiopië
Fidzi
Finland
Frankryk
Gabon
Gambië
Georgië
Duitsland
Ghana
Griekeland
Grenada
Guatemala
Guinee
Guinee-Bissau
Guyana
Haïti
Honduras
Hongarye
Ysland
Indië
Indonesië
Iran
Irak
Ierland
Israel
Italië
Jamaika
Japan
Jordanië
Kasakstan
Kenia
Kiribati
Noord-Korea
Suid-Korea
Kosovo
Koeweit
Kirgisië
Laos
Letland
Libanon
Lesotho
Liberia
Libië
Liechtenstein
Litauen
Luxemburg
Madagaskar
Malawi
Maleisië
Maledive
Mali
Malta
Marshall-eilande
Mauritanië
Mauritius
Mexiko
Mikronesië
Moldowa
Monaco
Mongolië
Montenegro
Marokko
Mosambiek
Mianmar
Namibië
Nauru
Nepal
Nederland
Nieu-Seeland
Nicaragua
Niger
Nigerië
Noord-Masedonië
Noorweë
Oman
Pakistan
Palau
Panama
Papoea-Nieu-Guinee
Paraguay
Peru
Filipyne
Pole
Portugal
Katar
Roemenië
Rusland
Rwanda
Saint Kitts en Nevis
Saint Lucia
Saint Vincent en die Grenadine
Samoa
San Marino
Sao Tomé en Principe
Saoedi-Arabië
Senegal
Serwië
Seychelle
Sierra Leone
Singapoer
Slowakye
Slovenië
Salomonseilande
Somalië
Suid-Afrika
Suid-Sudan
Spanje
Sri Lanka
Soedan
Suriname
Swede
Switserland
Sirië
Taiwan
Tadjikistan
Tanzanië
Thailand
Timor-Leste
Togo
Tonga
Trinidad en Tobago
Tunisië
Turkye
Turkmenistan
Tuvalu
Oeganda
Oekraïne
Verenigde Arabiese Emirate
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Uruguay
Oesbekistan
Vanuatu
Vatikaanstad
Venezuela
Viëtnam
Jemen
Zambië
Zimbabwe
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels