Sokkie in die suide

05/12/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Sokkie in die suide

Deur Cornelle White

Wanneer jy immigreer, begin alles van voor af: nuwe land, nuwe huis, nuwe kollegas en nuwe kultuur. Vir baie Suid-Afrikaners wat dié besluit neem is die behoud van hul kultuur ’n saak van erns.

’n Mens mag dalk nuwe vriende en kollegas maak, maar jou Suid-Afrikaanse kultuur trap die diepste spore in jou hart.

Ons gesin bly al van 2022 af in Invercargill, en in Invers het ons ons eie gemeenskap van Suid-Afrikaners gemaak wat die hartseer en verlange bietjie minder maak. Wat hierdie groep mense so saambring, is ons liefde vir braai en sokkie.

Op 2 November 2024 was dit die langverwagte Sokkie in die suide. Meer as 85 mense het byeengekom vir hierdie spesiale mandjiedansgeleentheid.

Daar was nie net gedans nie; Biltong South het aan almal lekkernye verskaf. Daar is niks so lekker soos ’n stukkie droëwors terwyl ons salig luister na Appel, Bok van Blerk en die ander bekende Afrikaanse kunstenaars wat so na aan ons harte lê nie.


Ons wil graag die volgende mense bedank wat hierdie geleentheid vir ons moontlik gemaak het:

  • Myross Bush gemeenskap
  • Antonette en Clinton Loxton
  • Jeanette en Danie Kemp
  • Southland Biltong
Van links: Antonette en Clinton Loxton, en Jeanette en Danie Kemp

Het jy geweet dat AfriForum Wêreldwyd ’n gratis platform bied waarop jy enige Afrikaanse byeenkomste of feeste kan bemark? Laat weet ons in die kommentaar van enige opkomende Afrikaanse byeenkomste in die buiteland.

Foto: Ardian Lumi/ Unsplash

Deel op

Watter taal praat jy by die huis?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels