AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids bring Suid-Afrikaanse ondernemings van oor die wêreld met mekaar in aanraking. Dit brei jou netwerk uit en laat die wêreld ’n bietjie kleiner voel. Hierdie platform bied toegang tot ’n diverse verskeidenheid ondernemings, van restaurante en gastehuise tot noodsaaklike diensverskaffers. Dit is ’n handige metgesel, selfs wanneer jy op reis is.
Onder die meer as 40 kategorieë kan jy met gemak die regte diensverskaffer vind.
AfriForum Wêreldwyd se ondernemings in die kollig-inisiatief is ’n viering van die suksesverhale van Suid-Afrikaanse ondernemings reg oor die wêreld. Hierdie inisiatief is ’n kerndeel van die Wêreldgids, en gee aan ondernemings die blootstelling wat hulle verdien.
Hiermee ondernemings wat in 2024 die kollig geniet het:
Inkampu Camping Oasis
By Inkampu geniet kampeerders ’n aangename buitelugervaring wat veilig is vir gesinne en individue wat die voordele van die Verenigde Arabiese Emirate in die buitelug wil geniet. Daar is twee swembaddens, ’n kinderspeelarea en ’n gemeenskaplike sosiale area vir besoekers om te ontspan en die buitelug te geniet. Lees meer.
Baobab
Ons doel is om eksklusiewe gehalte-items te verkoop wat met Suid-Afrikaanse tradisies en neigings in gedagte verkry is. Of dit nou is om jouself te bederf, ’n geskenk aan ’n mede-Suid-Afrikaner of bloot vir ’n spesiale geleentheid. Lees meer.
Woestyn-roos
Woestyn-roos bied aan Suid-Afrikaanse ontwerpers, kunstenaars en visionêre ’n platform waar hulle hul unieke kleding- en dekoratiewe stukke wêreldwyd kan vertoon. Die produkte is seisoenaal en ’n beperkte hoeveelheid van elke eksklusiewe reeks word verkoop. Lees meer.
AanTafelThuis
AanTafelThuis is gestig deur die Suid-Afrikaner Estelle Steyn. Estelle se bekoring met huisdekor is deur haar ma aangevuur, wat haar voorgestel het aan die towerkrag van ’n pragtige tafel, heerlike kos en gesprekke met familie. Lees meer.
All4Travel
All4Travel is ’n toegewyde reisagentskap wat spesialiseer in visadienste en ondersteuning met kwessies rakende noodsaaklike dokumente. Ons ervare, professionele span wat verbind is tot uitsonderlike kliëntediens, bied leiding aan kliënte tydens die komplekse proses van visumaansoeke om te verseker dat hulle al die nodige dokumentasie het om te kan reis. Lees meer.
Moi-Belle
Dit het alles vyf jaar gelede begin as een van my vele kreatiewe uitlate in my vrye tyd. Ek het egter vinnig besef dat klei eindelose moontlikhede het. Al hierdie skeppings word hier in die Verenigde State met die hand gemaak – met baie liefde en aandag aan detail. Lees meer.
Boekwurm
My doelwit is dus om kinders en ouers toe te rus sodat Afrikaanse kinders in die buiteland makliker in kontak met die Afrikaanse taal en kultuur kan bly. Lees meer.
Dink jy jou onderneming of ’n onderneming/diensverskaffer wat jy ken, verdien om in die kollig te wees? Deel jou storie of merk (“tag”) ’n Suid-Afrikaanse onderneming in die buiteland wat uitmuntende diens lewer en ’n baken van trots is vir ons gemeenskap. Dalk is dit jou onderneming wat in 2025 as die volgende onderneming in die kollig gekies word.
Suid-Afrikaanse ondernemings lê ons na aan die hart. Lys nog vandag jou onderneming op Wêreldwyd se Wêreldgids, en maak gebruik van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.
Lys jou onderneming hier.
Lees ook: Terugflits: Ondernemings in die kollig 2024 (Deel 1)
Deel op
Nuutste artikels