Terugflits: Ondernemings in die kollig 2024 (Deel 3)

11/12/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Terugflits: Ondernemings in die kollig 2024 (Deel 3)

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids bring Suid-Afrikaanse ondernemings van oor die wêreld met mekaar in aanraking. Dit brei jou netwerk uit en laat die wêreld ’n bietjie kleiner voel. Hierdie platform bied toegang tot ’n diverse verskeidenheid ondernemings, van restaurante en gastehuise tot noodsaaklike diensverskaffers. Dit is ’n handige metgesel, selfs wanneer jy op reis is.

Onder die meer as 40 kategorieë kan jy met gemak die regte diensverskaffer vind. 

AfriForum Wêreldwyd se ondernemings in die kollig-inisiatief is ’n viering van die suksesverhale van Suid-Afrikaanse ondernemings reg oor die wêreld. Hierdie inisiatief is ’n kerndeel van die Wêreldgids, en gee aan ondernemings die blootstelling wat hulle verdien.

Hiermee ondernemings wat in 2024 die kollig geniet het:

Lions Creek is ’n Kanadese maatskappy wat olyfolie en balsamiese asyn vervaardig met hul spogwinkel in die historiese middestad van Moose Jaw, Saskatchewan. Ons ekstrasuiwer olyfolie word gemaak van uitstekende olywe van Suid-Afrika en ons balsamiese asyn word van Modena, Italië ingevoer en oor die hele wêreld afgelewer. Lees meer.

In Suid-Afrika ken mense braai as ’n sosiale kuier waar kos oor ’n oop vuur voorberei word. In Amsterdam is braai ’n geleentheid om mekaar te ontmoet, te gesels en die goeie dinge in die lewe te geniet. Lees meer.

By Braaiwood.eu is ons trots daarop om die beste braaiervaring te verseker deur topgehale braaihout uit die hartjie van Suid-Afrika af in te voer. Elke stuk hout wat ons verkoop getuig van ons toegewydheid tot uitnemendheid en word noukeurig uitgesoek om te verseker dat jou braai tot sy reg kom. Lees meer.

Onthul jou persoonlike liefdesboodskap deur Diamond Tree Studio se subtiele kombinasie van elegansie, kreatiewe insig en unieke ontwerp. Lees meer.

Toerbroers bied nagenoeg 100 toere per jaar na plaaslike en internasionale bestemmings aan waar avonturiers en natuurliefhebbers saam met hulle eksotiese eilande, boskampe en bestemmings kan besoek waar hulle self leeus, olifante, buffels, renosters, bokke en baie meer sal kan sien. Lees meer.

Hier is ’n paar voordele van ’n Trayon Slide-on Camper waarvan die meeste mense nie bewus is nie:

  • Geen registrasie nodig nie
  • Liggewig
  • Vorentoe geposisioneerde gewigsprofiel
  • Lae profiel wanneer jy reis
  • Min spasie nodig vir berging

Lees meer.

In 2020 het ons ’n droom begin, ’n droom om dit makliker te maak vir almal wat lief is vir daardie Suid-Afrikaanse gunstelinge. Ons het Something From Home begin en nou drie jaar later is dit die beste Suid-Afrikaanse aanlyn winkel in Nieu-Seeland. Lees meer.

Dink jy jou onderneming of ’n onderneming/diensverskaffer wat jy ken, verdien om in die kollig te wees? Deel jou storie of merk (“tag”) ’n Suid-Afrikaanse onderneming in die buiteland wat uitmuntende diens lewer en ’n baken van trots is vir ons gemeenskap. Dalk is dit jou onderneming wat in 2025 as die volgende onderneming in die kollig gekies word.

Suid-Afrikaanse ondernemings lê ons na aan die hart. Lys nog vandag jou onderneming op Wêreldwyd se Wêreldgids, en maak gebruik van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Lys jou onderneming hier.

Lees ook: Terugflits: Ondernemings in die kollig 2024 (Deel 2)

Deel op

Nuutste artikels