AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids bring Suid-Afrikaanse ondernemings van oor die wêreld met mekaar in aanraking. Dit brei jou netwerk uit en laat die wêreld ’n bietjie kleiner voel. Hierdie platform bied toegang tot ’n diverse verskeidenheid ondernemings, van restaurante en gastehuise tot noodsaaklike diensverskaffers. Dit is ’n handige metgesel, selfs wanneer jy op reis is.
Onder die meer as 40 kategorieë kan jy met gemak die regte diensverskaffer vind.
AfriForum Wêreldwyd se ondernemings in die kollig-inisiatief is ’n viering van die suksesverhale van Suid-Afrikaanse ondernemings reg oor die wêreld. Hierdie inisiatief is ’n kerndeel van die Wêreldgids, en gee aan ondernemings die blootstelling wat hulle verdien.
Hiermee ondernemings wat in 2024 die kollig geniet het:
Breytenbachs Immigration Consultants
Ons word gereguleer deur die kantoor van die kommissaris vir immigrasiedienste (Office of the Immigration Service Commissioner of OISC), wat ons kliënte die gemoedsrus kan gee dat ons hulle beste belange op die hart dra. Ons moet aan baie streng reëls voldoen om te verseker dat ons bekwaam is en ingelig is oor al die nuutste veranderinge in immigrasiewetgewing. Lees meer.
Juffrou Linky
Ons is ‘n ma-en-pa-span op ’n missie om Afrikaanse inhoud te skep wat met die beste in die Engelse mark kan meeding. Ons droom is om ’n nuwe generasie met ’n liefde vir Afrikaans te besiel. Lees meer.
Zeli Photography
My liefde vir fotografie kom al ’n lang pad! Van my jare se reis om die wêreld, om uiteindelik daardie spesiale gesinsoomblikke van my eie pragtige gesin vas te vang en te vries. Lees meer.
Heinco Plumbing Services
Heinco Plumbing Services is ’n plaaslik, klein sakeonderneming wat die Richmond (Virginia) en omliggende gebiede bedien. Hein Botha, die eienaar en stigter, is ’n meesterloodgieter met meer as 20 jaar se ondervinding in die veld. Lees meer.
Wolkskool
Wolkskool is ’n inisiatief van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS). Dit is gestig met die doel om akademiese prestasie in Afrikaans enige tyd en op enige plek te help verbeter. Lees meer.
Elzette’s Art Shop
Ek is ’n visuele kunstenaar wat vir meer as 25 jaar in die kreatiewe bedrywe van grafiese ontwerp, advertensiewese en illustrasie werk. Gebore en getoë in Suid-Afrika het ek my Baccalaureus in Inligtingsontwerp en honneurs in Visuele Kommunikasie aan die Universiteit van Pretoria voltooi. Lees meer.
Scenic Air Safaris
Ons bied sedert 2009 luukse privaat huurvlugte en luukse oorgrenslugsafari’s regoor Oos- en Suidelike Afrika. Ons word ondersteun deur ’n volle reeks van BBP- en concierge-dienste regoor die streek, en geen versoek is te veel om jou reis so uitstaande moontlik te maak nie. Lees meer.
Dink jy jou onderneming of ’n onderneming/diensverskaffer wat jy ken, verdien om in die kollig te wees? Deel jou storie of merk (“tag”) ’n Suid-Afrikaanse onderneming in die buiteland wat uitmuntende diens lewer en ’n baken van trots is vir ons gemeenskap. Dalk is dit jou onderneming wat in 2025 as die volgende onderneming in die kollig gekies word.
Suid-Afrikaanse ondernemings lê ons na aan die hart. Lys nog vandag jou onderneming op Wêreldwyd se Wêreldgids, en maak gebruik van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.
Lys jou onderneming hier.
Lees ook: Terugflits: Ondernemings in die kollig 2024 (Deel 3)
Deel op
Nuutste artikels