Toekomsbouerveldtog: Só kry Akademia se kampusdroom gestalte in 2025

23/01/2025
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Toekomsbouerveldtog: Só kry Akademia se kampusdroom gestalte in 2025

Die nuwe jaar is vars uit die wegspringblokke en dit is alreeds duidelik dat 2025 in vele opsigte ʼn gróót jaar gaan wees. Vir die matriekklas van 2024, wat pas hul uitslae ontvang het, verteenwoordig vanjaar ʼn rigtinggewende mylpaal in hul toekomsreis. Dieselfde geld vir dié leerders wat vanjaar graad tien aandurf en wie belangrike vakkeuses sal moet maak met die oog op hul toekoms. Hierdie groep sal, indien alles volgens plan verloop, in 2028 as eerstejaarstudente Akademia se nuwe wêreldklas kampus in Pretoria betree.

Ses maande ná die bekendstelling van Akademia se kampusdroom, en die vennootskap met die eiendomsontwikkelingsmaatskappy Kanton, geniet dié ontwikkelingsprojek – wat voorsiening sal maak vir 5 000 voltydse voorgraadse studente en nagenoeg 1 500 nagraadse studente – goeie momentum. Volgens Henk Schalekamp, besturende direkteur van Kanton, is die volgende drie jaar van deurslaggewende belang, met 2025 as ʼn belangrike wegspringpunt. Daar is veral drie prioriteitsareas waaraan daar vanjaar aandag geskenk gaan word, naamlik ontwerpsontwikkeling, massagrondwerke en kapitaalwerwing. Laasgenoemde kapitaalwerwing, by wyse van die Toekomsbouerveldtog, sal die baan weg vir die konstruksiefase wat in 2026 ʼn aanvang sal neem.

Schalekamp verduidelik dat Kanton reeds sedert 2019 voltyds aan hierdie ontwikkelingsprojek werk, en dat die eerste vyf jaar benut is om aan al die ontwikkelingsvoorwaardes te voldoen. Hierbenewens moes die stedelike sowel as die estetiese ontwerp van die kampus gefinaliseer word.

Hiermee ʼn kort uiteensetting van die prioriteitsareas vir 2025:

Ontwerpsontwikkeling

Schalekamp meen dat ontwerpsontwikkeling dié fase is waartydens die konsepontwerp in fynere detail uitgewerk word om só die projek gereed te kry vir die konstruksiefase. Tydens hierdie fase moet Kanton, tesame met die bekwame professionele ontwerpspan, verseker dat elke element vanaf die lesinglokale tot die voorsiene ontspanningsareas esteties én funksioneel ooreenstem met die visie vir die kampus. Hierdie wisselwerking sal help om toekomstige uitdagings tydens die konstruksieproses uit die weg te ruim. “Hierdie fase vergelyk goed met die metafoor van ʼn houtkapper wat eers sy byl na behore slyp voordat hy begin om ʼn boom af te kap,” verduidelik Schalekamp.

Massagrondwerke

Massagrondwerke is een van die eerste en mees kritiese aktiwiteite gedurende die ontwikkeling van enige bouprojek. In die geval van die Akademia-kampus behels dit onder meer grondverskuiwing, gelykmaking en die stabilisering van die grond om die pragtige en unieke terrein in die ooste van Pretoria voor te berei vir die konstruksiefase. Volgens Schalekamp lê dié aktiwiteite die grondslag vir ʼn suksesvolle konstruksiefase en sal dit met groot sorg en akkuraatheid uitgevoer word.

Kapitaalwerwing

Volgens Schalekamp beskik Kanton oor voldoende fondse om die uitgawes van die ontwerpsontwikkeling en die massagrondwerke gedurende 2025 deur te sien, maar kapitaalwerwing is krities vir die aanvang van die konstruksiefase wat in 2026 sal begin. Hy verduidelik dat die kapitaal vir die projek hoofsaaklik as beleggings en skenkings vanuit die gemeenskap gewerf sal word. In die lig hiervan gaan Kanton aan lede van die breë gemeenskap die geleentheid bied om by wyse van finansierings- en beleggingsgeleenthede betrokke te raak.

“Ons is tans in ʼn privaat kapitaalwerwingsfase, maar gedurende Meimaand sal daar ook aan die groter gemeenskap die geleentheid gebied word om self in die projek te belê. Hierdie belegging sal betrokkenes méér as net ʼn finansiële opbrengs verseker; dit skep ook ʼn kultuurdividend,” sê Schalekamp. Hy verduidelik dat die toekoms van Afrikaanse hoër onderwys op hierdie manier deur gemeenskapsbetrokkenheid gebou en verseker word. “Elke rand sal help om ʼn toekoms te bou waarin Fonties (studente wat aan Akademia studeer) hul potensiaal in hul moedertaal sal kan vervul en só ʼn blywende nalatenskap vir toekomstige geslagte sal laat. En op hierdie manier smee Kanton ʼn voortgesette vennootskap tussen kultuur en kapitaal,” sê Schalekamp.

Belangstellendes kan ook by wyse van die Akademia-skenkingsfonds ʼn bydrae lewer om fasiliteite en infrastruktuurelemente wat nie kommersieel van aard is nie – en daarom nie deur ʼn beleggingsgeleentheid ondersteun word nie – te befonds. Diesulke voorbeelde sluit in die ouditorium en byvoorbeeld pawiljoene op die sportgronde. Hierdie fasiliteite is nodig om die volle omvang van aktiwiteite op die kampus te help verseker. Schalekamp verduidelik dat Akademia, as ʼn gemeenskapsinstelling sonder winsbejag, afhanklik is van skenkings om die instelling uit te bou en verder te ontwikkel ten einde ʼn selfs groter wordende krag in Afrikaanse hoër onderwys te word.

“Indien Akademia en Kanton gedurende 2025 getrou en gedissiplineerd die ontwikkelingspad stap, sal dit ʼn beduidende impak op 2026 en 2027 en die gepaardgaande ontwikkelingsfases hê. Hierdie is waarlik ʼn waterskeidingsjaar en al moet ons ʼn steil bult uitklim, sal ons dit in geloof aanpak met die vertroue dat dié droom die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe se verbeelding én roepingsbesef sal aangryp om betrokke te raak. Op hierdie manier sal ons vir die matriekklas van 2027 ʼn splinternuwe kampus kan open waar hulle die toekoms doelgerig tegemoet kan stap,” sê Schalekamp. Hy sluit af deur te sê dat dit sy hartsbegeerte is om te sien hoe die gemeenskap, Akademia en Kanton in 2025 dapper saamstaan en bou aan ʼn nalatenskap wat ons kinders en kleinkinders se denke én hart sal vorm met die oog op ʼn vrye toekoms.

Word vandag nog ʼn toekomsbouer en word deel van hierdie kragtige storie van hoop.

Henk Schalekamp, besturende direkteur van Kanton, en Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia, tydens die bekendstelling van die Toekomsbouerveldtog. Dié veldtog behou momentum in 2025 met ʼn fokus op ontwerpsontwikkeling, massagrondwerke en kapitaalwerwing.
‘n Wêreldklas kampus in wording. Dié argiteksvoorstelling bied ’n oorsig van hoe die nuwe Akademia-kampus daarvan sal uitsien.

Deel op

Waar in die wêreld woon jy?
Naam en van
+27(Suid-Afrika)
+93 (Afghanistan)
+355 (Albanië)
+213 (Algerië)
+376 (Andorra)
+244 (Angola)
+-267 (Antigua en Barbuda)
+54 (Argentinië)
+374 (Armenië)
+61 (Australië)
+43 (Oostenryk)
+994 (Azerbeidjan)
+-241 (Bahama-eilande)
+973 (Bahrein)
+880 (Bangladesh)
+-245 (Barbados)
+375 (Wit-Rusland)
+32 (België)
+501 (Belize)
+229 (Benin)
+975 (Bhutan)
+591 (Bolivia)
+387 (Bosnië en Herzegovina)
+267 (Botswana)
+55 (Brasilië)
+673 (Brunei)
+359 (Bulgarye)
+226 (Burkina Faso)
+257 (Burundi)
+238 (Kaap Verde)
+855 (Kambodja)
+237 (Kameroen)
+1 (Kanada)
+236 (Sentraal-Afrikaanse Republiek)
+235 (Tsjad)
+56 (Chili)
+86 (China)
+57 (Colombia)
+269 (Komore)
+243 (Demokratiese Republiek Kongo)
+242 (Republiek Kongo)
+506 (Costa Rica)
+385 (Kroasië)
+53 (Kuba)
+357 (Ciprus)
+420 (Tsjeggië)
+45 (Denemarke)
+253 (Djiboeti)
+-766 (Dominica)
+-808 (Dominikaanse Republiek)
+593 (Ecuador)
+20 (Egipte)
+503 (El Salvador)
+240 (Äquatoriaal-Guinee)
+291 (Eritrea)
+372 (Estland)
+268 (Eswatini)
+251 (Ethiopië)
+679 (Fidzi)
+358 (Finland)
+33 (Frankryk)
+241 (Gabon)
+220 (Gambië)
+995 (Georgië)
+49 (Duitsland)
+233 (Ghana)
+30 (Griekeland)
+-472 (Grenada)
+502 (Guatemala)
+224 (Guinee)
+245 (Guinee-Bissau)
+592 (Guyana)
+509 (Haïti)
+504 (Honduras)
+36 (Hongarye)
+354 (Ysland)
+91 (Indië)
+62 (Indonesië)
+98 (Iran)
+964 (Irak)
+353 (Ierland)
+972 (Israel)
+39 (Italië)
+-875 (Jamaika)
+81 (Japan)
+962 (Jordanië)
+7 (Kasakstan)
+254 (Kenia)
+686 (Kiribati)
+850 (Noord-Korea)
+82 (Suid-Korea)
+383 (Kosovo)
+965 (Koeweit)
+996 (Kirgisië)
+856 (Laos)
+371 (Letland)
+961 (Libanon)
+266 (Lesotho)
+231 (Liberia)
+218 (Libië)
+423 (Liechtenstein)
+370 (Litauen)
+352 (Luxemburg)
+261 (Madagaskar)
+265 (Malawi)
+60 (Maleisië)
+960 (Maledive)
+223 (Mali)
+356 (Malta)
+692 (Marshall-eilande)
+222 (Mauritanië)
+230 (Mauritius)
+52 (Mexiko)
+691 (Mikronesië)
+373 (Moldowa)
+377 (Monaco)
+976 (Mongolië)
+382 (Montenegro)
+212 (Marokko)
+258 (Mosambiek)
+95 (Mianmar)
+264 (Namibië)
+674 (Nauru)
+977 (Nepal)
+31 (Nederland)
+64 (Nieu-Seeland)
+505 (Nicaragua)
+227 (Niger)
+234 (Nigerië)
+389 (Noord-Masedonië)
+47 (Noorweë)
+968 (Oman)
+92 (Pakistan)
+680 (Palau)
+507 (Panama)
+675 (Papoea-Nieu-Guinee)
+595 (Paraguay)
+51 (Peru)
+63 (Filipyne)
+48 (Pole)
+351 (Portugal)
+974 (Katar)
+40 (Roemenië)
+7 (Rusland)
+250 (Rwanda)
+-868 (Saint Kitts en Nevis)
+-757 (Saint Lucia)
+-783 (Saint Vincent en die Grenadine)
+685 (Samoa)
+378 (San Marino)
+239 (Sao Tomé en Principe)
+966 (Saoedi-Arabië)
+221 (Senegal)
+381 (Serwië)
+248 (Seychelle)
+232 (Sierra Leone)
+65 (Singapoer)
+421 (Slowakye)
+386 (Slovenië)
+677 (Salomonseilande)
+252 (Somalië)
+27 (Suid-Afrika)
+211 (Suid-Sudan)
+34 (Spanje)
+94 (Sri Lanka)
+249 (Soedan)
+597 (Suriname)
+46 (Swede)
+41 (Switserland)
+963 (Sirië)
+886 (Taiwan)
+992 (Tadjikistan)
+255 (Tanzanië)
+66 (Thailand)
+670 (Timor-Leste)
+228 (Togo)
+676 (Tonga)
+-867 (Trinidad en Tobago)
+216 (Tunisië)
+90 (Turkye)
+993 (Turkmenistan)
+688 (Tuvalu)
+256 (Oeganda)
+380 (Oekraïne)
+971 (Verenigde Arabiese Emirate)
+44 (Verenigde Koninkryk)
+1 (Verenigde State)
+598 (Uruguay)
+998 (Oesbekistan)
+678 (Vanuatu)
+379 (Vatikaanstad)
+58 (Venezuela)
+84 (Viëtnam)
+967 (Jemen)
+260 (Zambië)
+263 (Zimbabwe)
(Suid-Afrika)
Afghanistan
Albanië
Algerië
Andorra
Angola
Antigua en Barbuda
Argentinië
Armenië
Australië
Oostenryk
Azerbeidjan
Bahama-eilande
Bahrein
Bangladesh
Barbados
Wit-Rusland
België
Belize
Benin
Bhutan
Bolivia
Bosnië en Herzegovina
Botswana
Brasilië
Brunei
Bulgarye
Burkina Faso
Burundi
Kaap Verde
Kambodja
Kameroen
Kanada
Sentraal-Afrikaanse Republiek
Tsjad
Chili
China
Colombia
Komore
Demokratiese Republiek Kongo
Republiek Kongo
Costa Rica
Kroasië
Kuba
Ciprus
Tsjeggië
Denemarke
Djiboeti
Dominica
Dominikaanse Republiek
Ecuador
Egipte
El Salvador
Äquatoriaal-Guinee
Eritrea
Estland
Eswatini
Ethiopië
Fidzi
Finland
Frankryk
Gabon
Gambië
Georgië
Duitsland
Ghana
Griekeland
Grenada
Guatemala
Guinee
Guinee-Bissau
Guyana
Haïti
Honduras
Hongarye
Ysland
Indië
Indonesië
Iran
Irak
Ierland
Israel
Italië
Jamaika
Japan
Jordanië
Kasakstan
Kenia
Kiribati
Noord-Korea
Suid-Korea
Kosovo
Koeweit
Kirgisië
Laos
Letland
Libanon
Lesotho
Liberia
Libië
Liechtenstein
Litauen
Luxemburg
Madagaskar
Malawi
Maleisië
Maledive
Mali
Malta
Marshall-eilande
Mauritanië
Mauritius
Mexiko
Mikronesië
Moldowa
Monaco
Mongolië
Montenegro
Marokko
Mosambiek
Mianmar
Namibië
Nauru
Nepal
Nederland
Nieu-Seeland
Nicaragua
Niger
Nigerië
Noord-Masedonië
Noorweë
Oman
Pakistan
Palau
Panama
Papoea-Nieu-Guinee
Paraguay
Peru
Filipyne
Pole
Portugal
Katar
Roemenië
Rusland
Rwanda
Saint Kitts en Nevis
Saint Lucia
Saint Vincent en die Grenadine
Samoa
San Marino
Sao Tomé en Principe
Saoedi-Arabië
Senegal
Serwië
Seychelle
Sierra Leone
Singapoer
Slowakye
Slovenië
Salomonseilande
Somalië
Suid-Afrika
Suid-Sudan
Spanje
Sri Lanka
Soedan
Suriname
Swede
Switserland
Sirië
Taiwan
Tadjikistan
Tanzanië
Thailand
Timor-Leste
Togo
Tonga
Trinidad en Tobago
Tunisië
Turkye
Turkmenistan
Tuvalu
Oeganda
Oekraïne
Verenigde Arabiese Emirate
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Uruguay
Oesbekistan
Vanuatu
Vatikaanstad
Venezuela
Viëtnam
Jemen
Zambië
Zimbabwe
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels