Op 2 November 2016 het die Royal Commomwealth Society sy nuwe veldtog geloods om visumvrye reis vir Suid-Afrikaners wat die Verenigde Koninkryk besoek, te hersien. Die bekenstelling het by The National Liberal Club in Londen plaasgevind, terwyl talle Britse Suid-Afrikaners en Suid-Afrikaners wat in die VK woon, asook verteenwoordigers van die veldtog se belangrike vennote, die geleentheid bygewoon het. Ons het dit bygewoon en ondersteun die veldtog met hart en siel omdat ons na familie en vriende verlang wat besoek aflê van Suid-Afrika, omdat die visums te duur is wanneer dit by die duur vliegkaartjies gevoeg word.
Lees asseblief meer en onderteken die petisie: https://www.thercs.org/our-work/campaigns/south-african-visitor-visa/
From Good Hope To Great Britain Visumvrye reis vir Suid-Afrikaners wat na die VK gaan vir toerisme of besigheid. https://www.change.org/p/home-office-restore-visa-free-travel-for-south-africans-to-the-uk
Family is not an important thing. It’s everything. Michael J. Fox
Foto’s geneem deur Ronel van Zyl. Besoek haar blog hier.