Verhoging vir buitelandse-inkomstevrystelling vir SA-ekspats
Die wysigings aan die buitelandse-inkomstevrystelling wat in 2019 bekendgestel is, tree op 1 Maart 2020 in werking. Die aanvanklik voorgestelde vrystelling van R1 miljoen verhoog egter na R1,25 miljoen, aldus Suid-Afrika se 2020-begroting.
Nasionale Tesourie is daarvan bewus dat kliënte aangeraai word om te emigreer met die uitsluitlike doel om belastinggevolge te omseil (dus finansiële emigrasie). Die regering moedig egter Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk egter aan om hul bande met dié land te behou. Om dié doel te bereik, sal die konsep van finansiële emigrasie teen 1 Maart 2021 uitgefaseer en deur ’n verifiëringsproses vervang word.
Vir inwoners wat in die buiteland werk is die bedoeling om valutabeheerbehandeling vir individue uit te skakel. Die plan is om hierdie inwoners meer beweeglikheid te gee, mits hul fondse op wettige wyse bekom is en dié persone ’n goeie SARS-rekord het. Persone wat meer as R10 miljoen na die buiteland wil oorplaas, sal ook aan strenger verifiëringsprosesse onderwerp word. Dié oorplasings sal ook ’n risikobestuursaanslag aktiveer.
Die uitfasering van die konsep van finansiële emigrasie sal ook toegang tot pensioenfondse vir emigrasiedoeleindes beïnvloed. Die voorstel is dat die reëls gewysig word wat uitsonderings vir toegang tot pensioenfondse met emigrasie beheer, sodat dié reëls met die oorhoofse wysigings belyn is.
Geen verdere besonderhede is tans beskikbaar nie. Ons sal jou op hoogte bring met enige nuwe inligting wat Nasionale Tesourie bekendmaak.
Jy kan gerus vir Fanus Jonck by tax@jonck.net kontak as jy belastingadvies benodig.
Deel op
Nuutste artikels