Vriende van AfriForum

19/08/2021
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Vriende_Vonkpos_Afr

Hierdie webblad is spesifiek geskep vir buitelandse ondersteuners van AfriForum wat graag gereeld tot ons projekte en aksies wil bydra, maar nie toegang tot ’n Suid-Afrikaanse bankrekening het nie.

AfriForum het die grootste waardering vir Suid-Afrikaners in die buiteland se ondersteuning, asook ondersteuners van ander nasionaliteite wat buite die land bly en in ons werksaamhede belangstel.
Met hierdie kanaal kan jy op hoogte bly van ons aktiwiteite bly en maandelikse donasies maak om ons in staat te stel om dit voort te sit.

Word deel van Vriende van Afriforum en deel van die Afriforum-familie.

Dit beteken:

  1. Jy sal ’n persoonlike Vriend van AfriForum-sertifikaat ná aansluiting ontvang.
  2. Jy word outomaties ingeteken op Vonkpos, AfriForum se gratis weeklikse e-nuusbrief wat jou op hoogte hou van ons burgerregte-aktiwiteite. Besoek gerus AfriForum se webwerf hier. Jy kan AfriForum se manifes hier
  3. Jy word ook outomaties ingeteken op Kollig, die tweeweeklikse e-nuusbrief van AfriForum se Wêreldwyd-inisiatief vir mense in die vreemde. Lees hier meer oor Wêreldwyd.
  4. Jou inligting word beskerm volgens die jongste nasionale en internasionale wetlike vereistes in dié verband. Dit sal nie gebruik word om enige produkte aan jou te bemark nie, en jy is welkom om enige tyd as Vriend van AfriForum uit te teken of op enige van die publikasies wat aan jou gestuur word.

Voltooi hierdie vorm om ’n Vriend van Afriforum te word en jou maandelikse bydrae te aktiveer: https://www.friendsofafriforum.com/af/kontak-ons/.

Vriende van AfriForum is nie ’n alternatiewe lidmaatskap vir Suid-Afrikaners en burgers van ander lande wat tans in Suid-Afrika woon nie, maar slegs vir ondersteuners buite die landsgrense. Klik hier vir lidmaatskap vir mense wat in Suid-Afrika woon.

 

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels