As daar nou een ding is wat uiters belangrik is as dit kom by opvoeding, is dit om van jongs af ‘n liefde vir lees te kweek by kinders. Dus, kan ‘n kind se boekrak nooit té vol wees nie.
Daarom was dit ‘n sinvolle projek om aan te pak toe Malan Uitgewers Die Bemagtig-‘n-kind fonds nader met ‘n idee om die kinderboek, “Vrolike Vaaltyn en sy verhale”, ten bate van dié fonds uit te gee. Dus, met die aankoop van elke boekie, word die ‘n deel van die wins geskenk om die fonds uit te bou.
Die boek: Vrolike Vaaltyn en sy verhale
Ontmoet in hierdie vermaaklike boekie die twee klein donkies Vaaltyn en Diktand. Vaaltyn is die slimste – hy dink soms self so. Maar wanneer hy skrik of iets hom ontstel, laat vat hy met sy ore plat getrek terwyl sy stert stokstyf staan en hy sy oë styf toeknyp. En so beland hy kort-kort KAPLAKS! in die rivier. Ou Diktand kyk net gewoonlik na dié spulletjie en bly Vaaltyn se beste maat. Al kan hy soms baie lekker lag wanneer Vaaltyn in die verknorsing beland. Maak ook in Vrolike Vaaltyn en sy verhale kennis met hul ander maats en lees van al hul manewales.
Dit is ’n vrolike boekie, geskryf deur Sandra Krogh, vol prettige illustrasies vir voor- of selflees en behoort in ’n wye verskeidenheid lesers of luisteraars se smaak te val. Die verhaaltjies is oorspronklik deur ’n ma vir haar kinders uitgedink en vertel. Karen van der Merwe het gesorg vir die kleurvolle illustrasies.
Koop vandag nog jou aankope in groot maat vir jou klaskamer of vir jou skool biblioteek!
Indien jy meer wou uitvind oor die Bemagtig-‘n-kind-veldtog, kan jy hier gaan lees of as jy wil uitvind wat ‘n verskil die fonds in kinders se lewens maak, besoek die blad.