Wat elke ouer wie se kinders oorsee wil gaan werk, móét weet

29/11/2024
| Deur Sue-Ann de Wet
Wat elke ouer wie se kinders oorsee wil gaan werk, móét weet

Die gedagte dat jou kind oorsee gaan werk en nuwe horisonne verken, is opwindend, maar dit bring ook unieke uitdagings en moontlike gevare mee. AfriForum Wêreldwyd ontvang gereeld navrae van ouers wie se kinders in moeilike situasies beland het weens ongeldige werksvisums, skynwerksaanbiedinge of misleiding deur werkgewers. Daarom moet sowel ouers as hul kinders baie goed ingelig wees voordat hulle enige besluite in dié opsig neem. Hier is rooi ligte waarvoor mens op die uitkyk moet wees, maar ook ’n paar praktiese wenke.

Wees op die uitkyk vir dié rooi ligte

1. Besef die belangrikheid van wettige werksvisums

Werkgewers of agentskappe mag valse beloftes maak en onwettige visums aanbied. Dit is die verantwoordelikheid van die werknemer (dus jou kind) om seker te maak hul visum is wettig en geldig vir werk in die land waarheen hulle op pad is. Party werkgewers of agente bied aanloklike poste aan en beweer dat ’n toeriste- of studentevisums voldoende is vir die werk. Dit is egter onwettig en kan tot ernstige gevolge lei, soos deportasie, groot boetes of selfs verbanning uit die betrokke land.

2. Te goed om waar te wees?

’n Werksaanbod wat te goed klink om waar te wees, is gewoonlik presies dit: te goed om waar te wees. Dit sluit in werk waarvoor daar groot salarisse aangebied word sonder toepaslike kwalifikasies of werksonderhoude. Bedrieglike werkagentskappe vra dikwels voorafbetalings vir visums of vliegkaartjies – en verdwyn daarna spoorloos. Doen deeglike navorsing oor enige agentskap of werkgewer voordat jou kind enigiets onderteken of betaal.
Maak seker dat die maatskappy wat die werksaanbod maak geregistreer en wettig is. Gebruik betroubare webtuistes of professionele diensverskaffers om navrae te doen. Soek resensies oor die werkgewer of agentskap en vra vir kontrakte wat die salaris, werksomstandighede en verblyf duidelik definieer en beskryf.

3. Sosiale isolasie en uitbuiting

Sommige werkgewers gebruik taktieke soos om werkers te isoleer of hul bewegings te beperk. Maak seker jou kind het toegang tot kommunikasie en ondersteuning.

4. Onwettige werkspraktyke

Baie jongmense beland in werk onder onwettige omstandighede, wat hulle kwesbaar maak vir mishandeling of deportasie. Maak seker dat jou kind die regte werkspermit het en dat hul werkgewer volgens die wet geregistreer is.

Opsommende waarskuwingstekens:

  • Gebrek aan ’n skriftelike kontrak: Mondelinge beloftes is onbetroubaar.
  • Ongewone versoeke: As jou kind gevra word om hul paspoort aan die werkgewer te oorhandig, is dit ’n groot rooi lig.
  • Gebrek aan duidelike kommunikasie: Vermy agentskappe of werkgewers wat onduidelik of dubbelsinnig is oor hul prosedures.
  • Onrealistiese verwagtinge: Bly weg van werk wat buite die gewone pligte val of wat onredelik baie ure vereis.

Wenke vir ouers en kinders om veilig te bly

1. Moenie op die staat staatmaak nie

Volgens internasionale reg is ’n staat onder geen verpligting om sy burgers altyd te hulp te snel nie. Hulp gaan van verskeie kwessies afhang, insluitend

  • waarom jy in die buiteland is;
  • of daar enige verdrae bestaan tussen Suid-Afrika en die land waarin jy is wat sodanige hulp moontlik maak of voorkom; en
  • of hulp prakties uitvoerbaar is of jou land die kundigheid of hulpmiddele het om op te tree wanneer jy hulp benodig.

Bereken jou risiko’s voordat jy vertrek. As jy nie gemaklik voel nie, moet liewer nie gaan nie.

2. Moet vir niemand pakkies saamneem nie

Al is jy 100% seker wat is sulke pakkies is, is die beste raad steeds om dit nie te doen nie. Smokkelaars is soms die mense van wie jy dit die minste verwag.

3. Vergewis jou van die land se arbeids- en ander toepaslike wetgewing

Elke land het unieke wetgewing oor werk, visums en arbeidspraktyke. Jou kind moet die arbeids- en ander betrokke wette van hul nuwe bestemming bestudeer. As hulle in sekere lande werk sonder die regte permit kan dit ernstige gevolge hê, insluitend inhegtenisname of deportasie.

4. Begryp die kultuur

Berei jou kind voor op die kulturele verskille en hoe om met respek en begrip binne ’n ander kultuur te werk en leef.

5. Goeie beplanning is ononderhandelbaar

Maak seker dat alle dokumente – insluitend werkskontrakte, visums en paspoorte – geldig en wettig is. Jou kind moet altyd gesertifiseerde afskrifte van dié dokumente hê en dit ook digitaal stoor. Hulle moet ook voldoende gesondheids-, werks- en reisversekering hê. Help hulle om ’n noodplan op te stel, soos om byvoorbeeld kontaknommers van die Suid-Afrikaanse ambassade in die betrokke land altyd byderhand te hê.

6. Kommunikeer gereeld met jou kind

Sorg dat jy en jou kind gereeld kommunikeer. Sorg ook dat jy ander wyses het om met jou kind kontak te maak, soos byvoorbeeld telefoonnommers of e-posadresse van hul vriende wat saam met hulle gaan of reeds daar is.

7. Versekering en gesondheidsdekking

Maak seker jou kind het die nodige gesondheidsversekering en dat hulle bewus is van hoe om mediese sorg te kry indien nodig.

Wees versigtig vir ’n slang in die gras.

Of jou kind op pad is na China vir vakansiewerk of bloot ’n toer na Rome wil bespreek, wees maar bedag op mense wat hulle ’n rat voor die oë wil draai. As hulle die geleentheid kry om vakansiewerk oorsee te doen, maak seker dat hulle sélf ook die land se indiensnemingsregulasies en visumvereistes ken. Gaan die naam en adres van die maatskappy deeglik na om slenters uit te skakel en probeer om met meer as een kontakpersoon praat. Die kanse op ’n lokval is groot as:

  • jou kind ’n werksaanbod kry sonder dat hulle ’n onderhoud gehad het;
  • daar van hulle verwag word om betalings te maak voordat hulle meer inligting mag kry;
  • die posbeskrywing baie abstrak is;
  • die proses té maklik is en die pos of salaris té goed is om waar te wees; en
  • hulle geen werksvisum voor hul vertrek ontvang nie.

Om oorsee te werk kan ’n wonderlike ervaring wees, maar dit vereis deeglike beplanning en verantwoordelikheid. Vir ouers is dit heel natuurlik om bekommerd te wees wanneer hul kind die onbekende aanpak. Ouers speel ’n belangrike rol om seker te maak dat hul kinders ingelig is oor die moontlike risiko’s en hoe om dit te vermy. Met die regte ondersteuning en inligting kan jongmense hul internasionale werkservaring geniet sonder om in lokvalle te beland.

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
+27(Suid-Afrika)
+93 (Afghanistan)
+355 (Albanië)
+213 (Algerië)
+376 (Andorra)
+244 (Angola)
+-267 (Antigua en Barbuda)
+54 (Argentinië)
+374 (Armenië)
+61 (Australië)
+43 (Oostenryk)
+994 (Azerbeidjan)
+-241 (Bahama-eilande)
+973 (Bahrein)
+880 (Bangladesh)
+-245 (Barbados)
+375 (Wit-Rusland)
+32 (België)
+501 (Belize)
+229 (Benin)
+975 (Bhutan)
+591 (Bolivia)
+387 (Bosnië en Herzegovina)
+267 (Botswana)
+55 (Brasilië)
+673 (Brunei)
+359 (Bulgarye)
+226 (Burkina Faso)
+257 (Burundi)
+238 (Kaap Verde)
+855 (Kambodja)
+237 (Kameroen)
+1 (Kanada)
+236 (Sentraal-Afrikaanse Republiek)
+235 (Tsjad)
+56 (Chili)
+86 (China)
+57 (Colombia)
+269 (Komore)
+243 (Demokratiese Republiek Kongo)
+242 (Republiek Kongo)
+506 (Costa Rica)
+385 (Kroasië)
+53 (Kuba)
+357 (Ciprus)
+420 (Tsjeggië)
+45 (Denemarke)
+253 (Djiboeti)
+-766 (Dominica)
+-808 (Dominikaanse Republiek)
+593 (Ecuador)
+20 (Egipte)
+503 (El Salvador)
+240 (Äquatoriaal-Guinee)
+291 (Eritrea)
+372 (Estland)
+268 (Eswatini)
+251 (Ethiopië)
+679 (Fidzi)
+358 (Finland)
+33 (Frankryk)
+241 (Gabon)
+220 (Gambië)
+995 (Georgië)
+49 (Duitsland)
+233 (Ghana)
+30 (Griekeland)
+-472 (Grenada)
+502 (Guatemala)
+224 (Guinee)
+245 (Guinee-Bissau)
+592 (Guyana)
+509 (Haïti)
+504 (Honduras)
+36 (Hongarye)
+354 (Ysland)
+91 (Indië)
+62 (Indonesië)
+98 (Iran)
+964 (Irak)
+353 (Ierland)
+972 (Israel)
+39 (Italië)
+-875 (Jamaika)
+81 (Japan)
+962 (Jordanië)
+7 (Kasakstan)
+254 (Kenia)
+686 (Kiribati)
+850 (Noord-Korea)
+82 (Suid-Korea)
+383 (Kosovo)
+965 (Koeweit)
+996 (Kirgisië)
+856 (Laos)
+371 (Letland)
+961 (Libanon)
+266 (Lesotho)
+231 (Liberia)
+218 (Libië)
+423 (Liechtenstein)
+370 (Litauen)
+352 (Luxemburg)
+261 (Madagaskar)
+265 (Malawi)
+60 (Maleisië)
+960 (Maledive)
+223 (Mali)
+356 (Malta)
+692 (Marshall-eilande)
+222 (Mauritanië)
+230 (Mauritius)
+52 (Mexiko)
+691 (Mikronesië)
+373 (Moldowa)
+377 (Monaco)
+976 (Mongolië)
+382 (Montenegro)
+212 (Marokko)
+258 (Mosambiek)
+95 (Mianmar)
+264 (Namibië)
+674 (Nauru)
+977 (Nepal)
+31 (Nederland)
+64 (Nieu-Seeland)
+505 (Nicaragua)
+227 (Niger)
+234 (Nigerië)
+389 (Noord-Masedonië)
+47 (Noorweë)
+968 (Oman)
+92 (Pakistan)
+680 (Palau)
+507 (Panama)
+675 (Papoea-Nieu-Guinee)
+595 (Paraguay)
+51 (Peru)
+63 (Filipyne)
+48 (Pole)
+351 (Portugal)
+974 (Katar)
+40 (Roemenië)
+7 (Rusland)
+250 (Rwanda)
+-868 (Saint Kitts en Nevis)
+-757 (Saint Lucia)
+-783 (Saint Vincent en die Grenadine)
+685 (Samoa)
+378 (San Marino)
+239 (Sao Tomé en Principe)
+966 (Saoedi-Arabië)
+221 (Senegal)
+381 (Serwië)
+248 (Seychelle)
+232 (Sierra Leone)
+65 (Singapoer)
+421 (Slowakye)
+386 (Slovenië)
+677 (Salomonseilande)
+252 (Somalië)
+27 (Suid-Afrika)
+211 (Suid-Sudan)
+34 (Spanje)
+94 (Sri Lanka)
+249 (Soedan)
+597 (Suriname)
+46 (Swede)
+41 (Switserland)
+963 (Sirië)
+886 (Taiwan)
+992 (Tadjikistan)
+255 (Tanzanië)
+66 (Thailand)
+670 (Timor-Leste)
+228 (Togo)
+676 (Tonga)
+-867 (Trinidad en Tobago)
+216 (Tunisië)
+90 (Turkye)
+993 (Turkmenistan)
+688 (Tuvalu)
+256 (Oeganda)
+380 (Oekraïne)
+971 (Verenigde Arabiese Emirate)
+44 (Verenigde Koninkryk)
+1 (Verenigde State)
+598 (Uruguay)
+998 (Oesbekistan)
+678 (Vanuatu)
+379 (Vatikaanstad)
+58 (Venezuela)
+84 (Viëtnam)
+967 (Jemen)
+260 (Zambië)
+263 (Zimbabwe)
(Suid-Afrika)
Afghanistan
Albanië
Algerië
Andorra
Angola
Antigua en Barbuda
Argentinië
Armenië
Australië
Oostenryk
Azerbeidjan
Bahama-eilande
Bahrein
Bangladesh
Barbados
Wit-Rusland
België
Belize
Benin
Bhutan
Bolivia
Bosnië en Herzegovina
Botswana
Brasilië
Brunei
Bulgarye
Burkina Faso
Burundi
Kaap Verde
Kambodja
Kameroen
Kanada
Sentraal-Afrikaanse Republiek
Tsjad
Chili
China
Colombia
Komore
Demokratiese Republiek Kongo
Republiek Kongo
Costa Rica
Kroasië
Kuba
Ciprus
Tsjeggië
Denemarke
Djiboeti
Dominica
Dominikaanse Republiek
Ecuador
Egipte
El Salvador
Äquatoriaal-Guinee
Eritrea
Estland
Eswatini
Ethiopië
Fidzi
Finland
Frankryk
Gabon
Gambië
Georgië
Duitsland
Ghana
Griekeland
Grenada
Guatemala
Guinee
Guinee-Bissau
Guyana
Haïti
Honduras
Hongarye
Ysland
Indië
Indonesië
Iran
Irak
Ierland
Israel
Italië
Jamaika
Japan
Jordanië
Kasakstan
Kenia
Kiribati
Noord-Korea
Suid-Korea
Kosovo
Koeweit
Kirgisië
Laos
Letland
Libanon
Lesotho
Liberia
Libië
Liechtenstein
Litauen
Luxemburg
Madagaskar
Malawi
Maleisië
Maledive
Mali
Malta
Marshall-eilande
Mauritanië
Mauritius
Mexiko
Mikronesië
Moldowa
Monaco
Mongolië
Montenegro
Marokko
Mosambiek
Mianmar
Namibië
Nauru
Nepal
Nederland
Nieu-Seeland
Nicaragua
Niger
Nigerië
Noord-Masedonië
Noorweë
Oman
Pakistan
Palau
Panama
Papoea-Nieu-Guinee
Paraguay
Peru
Filipyne
Pole
Portugal
Katar
Roemenië
Rusland
Rwanda
Saint Kitts en Nevis
Saint Lucia
Saint Vincent en die Grenadine
Samoa
San Marino
Sao Tomé en Principe
Saoedi-Arabië
Senegal
Serwië
Seychelle
Sierra Leone
Singapoer
Slowakye
Slovenië
Salomonseilande
Somalië
Suid-Afrika
Suid-Sudan
Spanje
Sri Lanka
Soedan
Suriname
Swede
Switserland
Sirië
Taiwan
Tadjikistan
Tanzanië
Thailand
Timor-Leste
Togo
Tonga
Trinidad en Tobago
Tunisië
Turkye
Turkmenistan
Tuvalu
Oeganda
Oekraïne
Verenigde Arabiese Emirate
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Uruguay
Oesbekistan
Vanuatu
Vatikaanstad
Venezuela
Viëtnam
Jemen
Zambië
Zimbabwe
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels