Wêreldgids in fokus: Fotografie

28/06/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
brooke-cagle-vigms0_5wdI-unsplash-scaled

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help met al die uitdagings om in ’n nuwe land aan te pas. Die beste wyse om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar (Suid-)Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Eienaars van klein ondernemings kan van Wêreldwyd se gratis diens in die buiteland gebruik maak en self hul ondernemings op die interaktiewe gids lys. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Hierdie maand fokus ons op die fotograwe in ons netwerk wat jy kan ondersteun.

Magnetic Storm (Australië)

Ons is ’n man-en-vrou-span wat sowel fotografie- as platejoggie- (DJ-)dienste in Perth aanbied. Met dié dienste onder een dak het jou trouebeplanning nou makliker geword. Meng en pas ons dienste om jou trou- of geleentheidskostes en -behoeftes met jou begroting te laat klop.    

​Kom ontmoet ons en bespreek jou ideale troue of geleentheid, en saam kan saamwerk om die perfekte atmosfeer te skep. Lees meer.

Jorietha Rabie Photography (Nederland)

Welkom in my fotografiewêreld! Ek is Jorietha, ’n passievolle leefstylfotograaf van Suid-Afrika wat nou in Nederland bly.

Deur my lens streef ek daarna om rou emosie en outentieke konneksies vas te vang wat die lewe so merkwaardig maak. Elke foto word ’n hoofstuk in ’n visuele verhaal, wat oomblikke van vreugde, lag en intimiteit saam verweef. Lees meer.

AVW Media Worx (Verenigde Arabiese Emirate)

My naam is Adriaan Van Wyk en ek is ’n reisende fotograaf wat tans in die Verenigde Arabiese Emirate gebaseer is. My passie vir fotografie het in 2015 begin toe ek die geleentheid gehad het om 24 lande te verken as ’n fotograaf op een van die Royal Caribbean Cruise Lines-skepe. Ek was betower deur die skoonheid van die wêreld en sy mense, en het geweet ek wil herinneringe deur my lens vasvang.

Ek streef altyd daarna om die emosies en essensie van die oomblik op ’n unieke en kreatiewe wyse vas te vang – of dit nou ’n portretsessie of ’n kommersiële projek is. Ek is daartoe verbind om beelde van hoë gehalte te lewer wat my kliënte vir ’n leeftyd sal koester. Lees meer.

Elizabeth Jones Photography (Nieu-Seeland)

Ek is ’n kontemporêre leefstylfotograaf in die Wellington-omgewing (Nieu-Seeland) en neem sedert 2016 professionele foto’s in Nieu-Seeland en Australië. My dienste sluit in troues, gesinsleefstylsessies, geleenthede en visuele inhoud vir ondernemings se webtuistes en sosiale media.

Ek het nog altyd foto’s geneem en alles gedokumenteer. Ek het dit vir baie jare gedoen en toe rondom 2005 het ek besluit om fotografie te studeer en ’n stokperdjie in ’n beroep te verander. My fotografie het in só mate verbeter dat ek besluit het om Elizabeth Jones Photography te begin. Lees meer.

Adele Croucamp Fotografie (Oostenryk)

Ek is ’n voltydse bedryfsielkundige en deeltydse fotograaf. Ek geniet dit om spesiale oomblikke in ’n pragtige omgewing vir gesinne vas te vang. Kinders is my gunstelingmodelle!

Ek is nog altyd gefassineerd deur die krag en veerkragtigheid van die menslike gees, en ek begin nou die sportgebied ook betree. Ek wil graag atlete se pogings vasvang om deur grense te breek. Lees meer.

Nobleman Sparrow Productions (Londen)

Een van ons gunstelinge om te skiet is daardie oomblikke tussen een plek en die volgende wanneer die paartjie dink die kamera is af. Maar ons is áltyd gereed!

My ervaring sluit die volgende in:

  • vier jaar se ervaring van die skiet van troues, funksies, korporatiewe en leefstylgeleenthede
  • meer as 100 troues
  • negeduisend uur se videoredigering
  • ervaring met professionele Canon-, Fuji- en Sony-toerusting

Lees meer.

Lisa Matthis Newborn Photography (Verenigde State van Amerika)

Newborn photography is die ongelooflikste werk. Dit vervul my op soveel vlakke! Die proses om ’n pasgebore baba af te neem, is soveel meer as bloot ’n finale produk. Elke foto word geskep om emosie te ontlok; om die kosbaarheid van die lewe te beklemtoon; om die kwesbaarheid en onskuld van ’n pasgebore baba vas te vang. Lees meer.

The Local Lens (Kaaimanseilande)

Ek is sedert 2018 ’n professionele fotograaf in die Kaaimanseilande. Ek het oor die jare heen die voorreg en groot geluk gehad om verskeie pragtige gesinne, gloeiende swangerskapreise en toweragtige weglooptroues vas te vang.  

Ek hou daarvan om aan my werk te dink as vermenging van sowel geposeerde as leefstylfotografie. Alles wat ek doen, word doelbewus gedoen. Ek probeer natuurlike oomblikke vasvang wat gebeur as ek mense tydens my sessies aanpor. Ek vang sowel groot as klein details vas, en ek mik daarna om oomblikke vas te vang wat jou iets laat voel. Lees meer.


Jou hulp is belangrik!

Deel asseblief jou inligting en aanbevelings met ons sodat ons die Wêreldgids kan uitbrei en verbeter.

Is jy dalk ‘n Afrikaanse fotograaf of videograaf in die buiteland? Laatweet ons by wereldwyd@afriforum.co.za

Lees ook: Wêreldgids in fokus: Gesondheidsorg

Foto: Brooke Cagle/ Unsplash

Deel op

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels