Wêreldgids in fokus: Gesondheidsorg

04/06/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
pexels-karolina-grabowska-6627353-scaled

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar (Suid-)Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Eienaars van klein ondernemings kan van Wêreldwyd se gratis diens in die buiteland gebruik maak en self hul ondernemings op die interaktiewe gids lys. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid!

Is jy of weet jy van ’n dokter, apteker, sielkundige of tandarts wat pasiënte in Afrikaans kan help?

Ons weet hoe belangrik dit is om na jou fisiese en geestelike gesondheid om te sien. Wat is dan beter as om gesondheidsorg in jou eie taal te ontvang?

Hierdie maand fokus ons op gesondheidsorgondernemings in ons netwerk wat jy kan ondersteun.

Body Stress Release: Nieu-Seeland

Body Stress Release is ’n sagte, nie-indringende gesondheidstegniek wat die spanningslyne in die liggaam opspoor en die kommunikasie tussen jou liggaam en brein oopmaak sodat die liggaam vanself kan genees. Lees meer.

DrGerda UNbecoming: Australië

Gerda Scholtz is in Suid-Afrika gebore en as mediese dokter opgelei en geregistreer. Sy het vir 24 jaar in Johannesburg as huisdokter gepraktiseer terwyl sy ook ’n bekroonde mediese gewigsverlieskliniek bestuur het. Sy het Vlak 2 Lewensafrigting met neuro-linguistiese programmering (NLP) in Australië verwerf en is ’n lid van die International Coaching Federation. Lees meer

Walfinch Kingston & Weybridge: Verenigde Koninkryk

Walfinch Kingston & Weybridge is ’n tuisversorgingsonderneming wat deur die familie besit en bestuur word. Walfinch is ’n nasionale franchise wat deernisvolle uurlikse en inwonende tuisversorging van die hoogste gehalte regoor die Verenigde Koninkryk bied.

Ons versorging bied persoonlike ondersteuning wanneer jy dit nodig het. Ons buigsame tuisversorgingsdienste bied veiligheid, waardigheid en onafhanklikheid sodat jy in jou eie huis kan woon waar jy die gelukkigste is, omring deur ’n leeftyd se herinneringe. Lees meer

AKTIV20 EMS: Denemarke

AKTIV20 bied opleiding in die gebruik van elektriese spierstimulasie- (EMS) tegnologie, wat in die toekoms al meer gebruik gaan word om spiere te laat herstel en fiksheid in stand te hou. Ons besit eksklusiewe privaat studio’s en het vennootskappe met gesondheidskenners en gekwalifiseerde persoonlike afrigters. Tesame lewer ons ’n allesomvattende EMS-diens wat aangepas word by elke kliënt se unieke behoeftes. Ons afrigters is gekwalifiseer en ervare en sal die doeltreffendste oefenmetodes toepas deur die EMS-masjiene te gebruik om jou te help om jou krag, behendigheid en algehele fisiese balans te verbeter. Lees meer.

Lead Yourself: Australië

Dr. Christina is ’n gekwalifiseerde persoonlike en professionele leierskapafrigter. Sy ondersteun jou unieke lewensreis en bemagtig jou om die beste jy te word.

Dr. Christina woon in Australië maar bied wêreldwyd aanlyn berading aan.

Lead Yourself is ’n toevlugsoord waar sy jou graag wil inspireer om die leier in jou eie lewe te word. Om dit te bereik, deel sy haar insig en ervaring met jou om jou te help om ’n pragtige nalatenskap te skep wat hoop inspireer, vreugde skep en elke dag dankbaar te leef. Dit sal jou bemagtig om jouself te wees. Lees meer.

Dr. Sulette Ferreira – Beradingsterapeut: Suid-Afrika

Dr. Sulette is ’n ervare beradingsterapeut.

Sy wil saam met jou die redes ondersoek waarom jy sukkel om iemand of iets te laat gaan. Sy pak die reis om te leer om met grasie te laat gaan saam met jou aan sodat jy deur die ervaring kan groei.

Dr. Sulette woon in Suid-Afrika maar bied wêreldwyd aanlyn berading aan. Lees meer.

Biomedical Emporium: Suid-Afrika, Nieu-Seeland, Singapoer, Verenigde Arabiese Emirate, Verenigde State van Amerika

Dr. Judey Pretorius is ’n hoogs bekwame biomediese wetenskaplike wat spesialiseer in produkontwikkeling. Sy het uitgebreide ervaring van akute, chroniese en post-chirurgiese wondgenesing, regeneratiewe medisyne en selterapie. Sy het ’n meestersgraad in Genetika en Molekulêre Biologie en ’n PhD in Farmaseutiese Chemie, Medisyne-ontwikkeling en
-ontwerp. Sy het ook ’n gevorderde diploma in dermatologiese estetika.

Sy is die stigter van Biomedical Emporium, ’n biotegnologiemaatskappy wat spesialiseer in die formulering van gevorderde biologiese produkte, selkultuurprosesse en weefselingenieurswese vir gevorderde wondgenesing en ’n adviseur oor regeneratiewe medisyne. Sy het unieke formulerings ontdek wat ’n groot invloed op die verloop van nuwe ontwikkelings in estetiese en wondsorgbehandeling gehad het. Lees meer.

Rogers Dental: Australië

Rogers Dental is gebore uit ’n passie om pasiënte te help om maklik, gesond en pragtig te glimlag. Ons familie besit en bedryf ons kliniek al meer as 20 jaar en ons filosofie is om ons pasiënte te behandel asof hulle deel is van ons familie. Hierdie etos van omgee en empatie teenoor ons pasiënte en die hoë gehalte van ons tandheelkundige sorg vorm die hoeksteen van ons praktyk. Rogers Dental is geleë in die lowerryke woonbuurt Woodvale en is daartoe verbind om uitstekende tandheelkundige en kunsgebitsorg te bied. Lees meer.

Currambine Family Practice: Australië

Currambine Family Practice is ’n onafhanklike mediese sentrum in Currambine.

Dr. Anita Bohmer het aan die Universiteit van Pretoria in Suid-Afrika gegradueer. Sy het baie met vroue en kinders gewerk en het ’n spesiale belangstelling in pediatrie, vrouegesondheid en psigiatrie. Lees meer.


Jou hulp is belangrik!

Deel asseblief jou inligting en aanbevelings met ons sodat ons die Wêreldgids kan uitbrei en verbeter.

Lees ook: Wêreldgids in fokus: Nederland

Foto: Karolina Grabowska/ Pexels

Deel op

Nuutste artikels