Wêreldwyd – Die tuiskomplek vir Suid-Afrikaners in die buiteland
Wêreldwyd, ’n inisiatief van die burgerregteorganisasie AfriForum, bied reeds die afgelope vyf jaar ’n aanlyntuiste vir Suid-Afrikaners wat hulself in die buiteland gevestig het.
Hierdie inisiatief is die ideale platform vir elke Suid-Afrikaner wat tans in die buiteland woon, maar graag steeds in ware voeling met sy geboorteland wil bly.
Die inisiatief behels ’n webtuiste wat mense help om op hoogte te bly van nuusgebeure in Suid-Afrika. Hier kan jy ook betroubare advies kry, sommer net saamkuier, jou ervarings deel en meer vertel oor die interessante plekke waar jy tans woon en werk.
Ons Wêreldwyd-span het deeglike navorsing gedoen om te bepaal wat presies vir Suid-Afrikaners in die buiteland belangrik is en daarom is juis dié inligting op die webtuiste beskikbaar. Dit sluit in aktuele plaaslike nuus, bydraes – foto’s en stories – van Suid-Afrikaners wat op interessante plekke in alle uithoeke van die aarde woon, asook ’n enig-in-sy-soort Wêreldgids.
Dié gids is ook die plek waar Suid-Afrikaners in die buiteland eg Suid-Afrikaanse inkopies kan doen vir produkte soos biltong, Ouma-beskuit en tradisionele blatjang. Dit bevat ook ’n databasis met die besonderhede van besighede en restaurante wat Suid-Afrikaanse kos bedien, persone wat hulp bied met finansiering, asook die name van Suid-Afrikaanse prokureurs in die buiteland.
Die Wêreldgids het ten doel om mense wat in die buiteland vreemd voel, te help om ander Suid-Afrikaners te ontmoet en terselfdertyd hul ondernemings te ondersteun. Die vraag na ’n meer verbruikersvriendelike en interaktiewe gids het gegroei en Suid-Afrikaners in die buiteland kan nou ook self hul ondernemings gratis in die Wêreldgids laat opneem.
Wêreldwyd het ook ’n gratis weeklikse nuusbrief, Kollig, waarop jy gratis kan inteken. Dié nuusbrief bevat onder meer berigte van die Afrikaanse mediahuis, Maroela Media, vars nuus oor feeste en buitelandse optredes deur bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars, asook belangrike inligting oor burgerskap, paspoorte en belasting.
Wêreldwyd streef voortdurend daarna om Suid-Afrikaners op hoogte te hou van die beste byeenkomste in die buiteland waar jy, jou vriende en familielede gesellig kan kuier en ’n gedeelde erfenis kan vier. Wêreldwyd tree daarom ook vanjaar op as die hoofborg van die Afrikaans is lekker-konserte in Australië en Nieu-Seeland sowel as die Barry Hilton-toer wat in Mei in Kanada aangebied sal word.
In die afgelope aantal jare het ons reeds verskeie medewerkers betrek en Wêreldwyd-vriende gemaak. Ons vennote sluit onder meer in: South African Events, Texas Potjie, Kuier in Dubai, Cashkows, Merise, Breytenbachs Immigration Consultants, en ShowMax.
Ons sien uit daarna om dié tradisie voort te sit en wil die Suid-Afrikaanse burger na die beste van ons vermoë bedien – ongeag waar jy jouself bevind.
Wêreldwyd wil vir jou die platform skep om saam met ander Suid-Afrikaners regoor die wêreld te kuier, soos net Suid-Afrikaners kan. Vir meer inligting besoek Wêreldwyd se webtuiste en Facebook-blad.
- Om in te teken op die gratis nuusbrief, stuur ’n e-pos na wereldwyd@afriforum.co.za.
- Besoek Wêreldwyd se Wêreldgids om jou onderneming op te registreer .
- Vir enige verdere navrae, stuur ’n e-pos na wereldwyd@afriforum.co.za.