AfriForum Wêreldwyd se kuieroggend vir enigeen met kinders of kleinkinders in die buiteland

31/10/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
AfriForum Wêreldwyd se kuieroggend vir enigeen met kinders of kleinkinders in die buiteland

AfriForum Wêreldwyd gaan ’n kuieroggend aanbied vir ouers en grootouers met kinders of kleinkinders in die buiteland.

Het jou geliefdes geëmigreer, of beplan hulle om te gaan? Voel jy onseker hoe om die stap te hanteer en wil jy net ’n ondersteuningsnetwerk hê wat verstaan?

Ons besef wanneer jou geliefdes besluit om die land permanent te verlaat, moet jy meteens ’n hele paar uitdagings trotseer. Hierdie sal die ideale geleentheid wees om ’n waardevolle ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wat die verlange te veel raak.

  • Hoe moet ek hul emigrasie benader?
  • Hoe kan ek betrokke bly as hulle in ’n ander land woon?
  • Hoe raak ek vertroud met hulle nuwe werklikheid?
  • Wat kan ek doen om my verlange te hanteer?
  • Moet ek oorweeg om alles prys te gee om by hulle te gaan woon?

Hierdie is van die vrae en bekommernisse wat kundiges sal help beantwoord tydens die kuier en jy sal ook jou wenke en ander vrae kan deel met ouers en grootouers wat die realiteit van emigrasie verstaan.

Wanneer: 4 Desember 2024
Tyd: 08:30 vir 09:00
Waar: Durbanville Hills Winery, Durbanville, Kaapstad
RSVP: Daar is beperkte spasie dus is bespreking noodsaaklik.

Enige vrae kan gerig word aan Sue-Ann de Wet by wereldwyd@afriforum.co.za.

Dit is noodsaaklik om te RSVP. Bevestig jou bywoning deur die vorm hierbo in te vul. Registreer nou en verseker jou sitplek.

Ons sien uit om die dag saam met julle te kan kuier!

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels