Werk jy in die buiteland? Belastingvrye dae is moontlik verby
Die dae dat jy jou ponde, euros, dollars of dirhams verdien het sonder dat Jan Taks sy deel daarvan neem, is moontlik binnekort iets van die verlede. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) is van plan om Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk en ’n belastingvrye of laebelastinginkomste verdien, verder in Suid-Afrika te belas.
Die SAID wil artikel 10(1)(o)(ii) van die Inkomstebelastingwet, 1962 (wetno. 58 van 1962), wat bepaal dat landsburgers wat in die buiteland werk van belasting kwytgeskeld word, wysig om sodoende meer inkomste vir die ontvangerskantoor en die staat te genereer. Indien jy binne Suid-Afrika se hoogste belastingkerf van 45% gekategoriseer word, maar reeds in die buiteland op 20% van jou salaris belas word, wil die SAID die uitstaande 25% vanaf 1 Maart 2019 by jou verhaal.
Gee AfriSake jou mandaat om hierdie wysiging van die Inkomstebelastingwet teen te staan deur die onderstaande petisie te onderteken. Die sluitingsdatum vir openbare kommentaar is 18 Augustus 2017. Hou AfriSake en Wêreldwyd se Facebook blad dop vir komende kommentaar oor díe wetswysiging.
Deel op
Nuutste artikels