Woon jy in die buiteland? Ons het opwindende nuus!

22/11/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Woon jy in die buiteland? Ons het opwindende nuus!

Al bly jy ver, bly jy familie. Jou wortels en bande mag dalk strek oor kontinente, maar die hart van jou erfenis klop hier in jou geboorteland. Om kontak te behou is noodsaaklik, waar ons ook al is. AfriForum Wêreldwyd help jou om betrokke te bly by jou kultuur, taal en burgerregte-inisiatiewe.

Met ons personeel en die vrywilligers wat deel vorm van ons 165 takke en 180 buurtwagte landwyd, maak ons ’n verskil in die lewe van vele gemeenskappe. AfriForum is toegewyd om ons veiligheidstrukture te versterk, met buurtwagte regoor Suid-Afrika staan ons saam teen misdaad, beskerm ons gemeenskappe in dorpe, stede en op plase, en bou ons aan ’n netwerk van veiligheid en ondersteuning. 

Ons bevorder Afrikaans as ’n onderrig- en gebruikstaal vir toekomstige geslagte. Sáám kan ons ’n toekoms bou waar ons taal en kultuur floreer. Kyk hierdie video vir meer inligting oor AfriForum se veldtogte en aktiwiteite.

Wil jy ons nie asseblief ook met hierdie groot taak help deur deel van die AfriForum-familie te word nie? AfriForum se meer as 300 000 lede dra almal vrywillig by tot die uitbou van ons vele projekte. 

AfriForum Wêreldwyd fokus in die besonder op ons mense in die buiteland en deel noodsaaklike en nuttige inligting met almal wat, soos jy, tydelik of permanent buite ons land woon. Dit is die lekkerste tuiskom- en kuierplek vir alle ekspats!
As lid van die familie kry jy toegang tot al ons nuus, met die wete dat jy deel van die verskil is. Omdat bydraes vrywillige ondersteuning vir ons aksies is, is daar nie ’n voorgeskrewe bedrag nie. Boonop maak ons ook daarvoor voorsiening dat ’n buitelandse lid óf in rand, óf in ’n ander geldeenheid kan bydra. 

Nogmaals dankie vir jou ondersteuning – ons hoop ons sal jou binnekort in die AfriForum-familie verwelkom!

Mooi wense vir die Kerstyd wat voor die deur is!

Deel op

Watter taal praat jy by die huis?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels