Onderneming in die kollig: Breytenbachs Immigration Consultants Limited

21/05/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
350007834_1642080679598448_5778259073931127978_n

Hierdie week se kollig is op Breytenbachs Immigration Consultants Limited. Breytenbachs Immigration Consultants Limited is gratis op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Lees meer oor Breytenbachs Immigration Consultants Limited

Breytenbachs Immigration Consultants Limited is ’n maatskappy wat spesialiseer in immigrasiekwessies in die Verenigde Koninkryk en Suid-Afrika.

Ons word gereguleer deur die kantoor van die kommissaris vir immigrasiedienste (Office of the Immigration Service Commissioner of OISC), wat ons kliënte die gemoedsrus kan gee dat ons hulle beste belange op die hart dra. Ons moet aan baie streng reëls voldoen om te verseker dat ons bekwaam is en ingelig is oor al die nuutste veranderinge in immigrasiewetgewing.

Ons konsultante het baie jare se immigrasie-ondervinding en is geakkrediteer tot op OISC vlak 3, die hoogste akkreditasie waaroor ’n immigrasiefirma volgens die Verenigde Koninkryk se immigrasiewette kan beskik. Dit beteken ons kan jou bystaan met enigiets van die eenvoudigste immigrasiekwessies tot meer gekompliseerde sake soos immigrasie-appèlle en hersienings.

Ons geaffilieerde Suid-Afrikaanse immigrasie-adviseurs wat in Suid-Afrika gebaseer is, is geregistreer by FIPSA, die professionele liggaam vir immigrasie-adviseurs in Suid-Afrika. Dit kan jou die gemoedsrus gee dat jou sake in goeie hande is.

Buiten die feit dat ons die mees professionele raad kan gee, is dit ons missie om die beste kliëntediens moontlik te lewer. Ons het ’n persoonlike benadering tot al ons sake en ons streef na uitmuntende kliëntediens.

Of jy nou op soek is na basiese bystand of ’n meer ingewikkelde kwessie het waarmee jy hulp nodig het, ons span staan gereed om jou by te staan.

Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Help jou onderneming om te groei, gebruik hierdie skakel en maak seker jou onderneming word gelys op Wêreldwyd se Wêreldgids.


Ons wil graag hoor waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk. Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Kontak Breytenbachs Immigration Consultants Limited

Klik hier om Breytenbachs Immigration Consultants Limited se webtuiste te besoek.

Klik hier vir Breytenbachs Immigration Consultants Limited op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids.

Lees ook: Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Deel op

Nuutste artikels