Lig in Duisternis Uitgewers se boeke nou (makliker) wêreldwyd beskikbaar

17/05/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
10061_202540513_Webbanner_AMAZON_POD_LID-1-scaled-1600x500-1

Die aap is uit die mou! Lig in Duisternis Uitgewers se boeke is nou op Amazon se druk-op-aanvraag-opsie (print on demand) gelys.

Deur hierdie samewerking maak Lig in Duisternis Uitgewers gebruik van Amazon se opsie om internasionale druk en verspreiding van ons boeke aan lesers wêreldwyd te bied.

Druk-op-aanvraag maak dit moontlik om boeke te druk en direk na lesers te stuur vanuit Amazon se fasiliteite in verskeie lande, wat versendingskoste en wagtye vir lesers buite Suid-Afrika aansienlik verminder.

“Ons is opgewonde om ons boeke verder as Suid-Afrika se grense beskikbaar te kan stel,” sê ds. Schalk Strauss, publikasiehoof by Lig in Duisternis Uitgewers. “Dit is ‘n fantastiese geleentheid om ons boeke met lesers regoor die wêreld te deel.”

Lesers kan nou na hartelus kies en keur uit ‘n wye reeks van Lig in Duisternis Uitgewers se boeke op Amazon. Die lys van beskikbare boeke sluit in In die spore van Jesus, Rigting: Woord of tydsgees en Wysheid is die vrees van die Here, sowel as kinderboeke soos Die avonture van ApPelKie die muis.

Ons sien uit daarna om ons boeke met ‘n wye internasionale leesgehoor te deel. Laat die lig van ons boeke jou leeservaring verryk, waar ook al in die wêreld jy mag wees.

Deel op

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels