Onderneming in die kollig: Picture Poetry Photography vang die klein oomblikke vas
Vir ’n ouma of oupa wat ver woon, kan ’n foto van ’n kleinkind wat met modderstewels deur die park stap net soveel beteken soos ’n verjaarsdagfoto. Dit wys iets van hoe daardie kind se gewone dae lyk. In Rijswijk, Nederland, is dit juis sulke oomblikke waarna fotograaf Ané Jansen van Rensburg van Picture Poetry Photography op die uitkyk is.
Foto’s op plekke wat iets beteken
Ané fotografeer gesinne, paartjies en individue. Sy beplan elke sessie saam met haar kliënte en help hulle om ’n plek te kies wat by hul storie pas. Vir ’n gesin kan dit die park wees waar hulle elke Saterdag gaan stap. Vir ’n paartjie kan dit die buurt wees waar hulle mekaar leer ken het.
Tydens ’n sessie gee sy leiding waar dit nodig is en laat sy ruimte vir die oomblikke wat vanself gebeur. Dalk is dit die lagbui tussen twee foto’s of die manier waarop ’n kind na ’n ouer se hand gryp. Dit is dikwels juis dié besonderhede wat jou jare later aan ’n spesifieke tyd in jou lewe herinner.
As familie oor verskillende lande versprei woon, kan ’n foto ook die begin van ’n lekker geselsie wees. Daardie foto uit die park gee vir Ouma iets om oor uit te vra wanneer julle weer bel. Só kan sy die plekke en gewoontes leer ken wat deel van haar kleinkind se lewe geword het.
Picture Poetry Photography is op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Het jy ook ’n onderneming in die buiteland? Lys dit gratis op die Wêreldgids sodat ons mense dit kan vind en ondersteun.
Kontakbesonderhede
Ligging: Rijswijk, Nederland
E-pos: picturepoetryphotography@gmail.com
Webtuiste: picturepoetryphotography.com
Wêreldgids: Besoek die ondernemingsprofiel



Deel op
Nuutste artikels

















